NewsNews

Vrou klim uit motor na band bars

VANDERBIJLPARK. – ‘n Vrou het ongedeerd en net met ‘n paar stampe uit haar motor geklim nadat die band gebars het en sy beheer verloor het oor die voertuig en teen ‘n boom gebots het. Michelle van der Linde was in die rigting van Parys oppad op Barrageweg net verby Richman Poorman toe die linker …

VANDERBIJLPARK. – ‘n Vrou het ongedeerd en net met ‘n paar stampe uit haar motor geklim nadat die band gebars het en sy beheer verloor het oor die voertuig en teen ‘n boom gebots het.

Michelle van der Linde was in die rigting van Parys oppad op Barrageweg net verby Richman Poorman toe die linker voorwiel van haar Ford Fiesta gebars het en die motor die pad verlaat het. Sy het aan die passasierskant teen ‘n boom gebots. Volgens omstanders het sy uit haar motor geklim maar paramediese personeel van ER24 het haar op die toneel behandel.

634A8006 (Small) 634A8011 (Small) 634A8025 (Small) 634A8037 (Small) 634A8038 (Small) 634A8014 (Small)

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add vaalweekblad as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button