BlogsLetterOpinionsSponsored

Godsdiensrubriek – Die Dier en Die Draak

Die onderstaande standpunte is die siening van die skrywer en nie die opinie van Vaalweekblad nie – Redakteur.

Die onderstaande standpunte is die siening van die skrywer en nie die opinie van Vaalweekblad nie – Redakteur.

Godsdiensrubriek – Die Dier en Die Draak

Dagsê: Vir elke woord wat Jesus gespreek het is daar ‘n rede en ‘n doel voor. Vir elke gelykenis is daar ‘n verklaring. Elke woord van Jesus sal vervul word.

Joh. 5:43 – “EK het gekom in die NAAM van my VADER, en julle neem MY nie aan nie. As ‘n ander een in sy naam kom, hom sal julle aanneem.

Joh. 8:44 – “Julle het die duiwel as vader en die begeertes  van julle vader wil julle doen. Die Dier van Openb. 13 is nie ‘n spookstorie nie – Hy is ‘n werklikhied. Openb.13 – “Ek het ‘n dier uit die see sien opkom (hy kom tussen die mense op) met sewe koppe (is sewe lande) en tien horings (is tien leiers) en op sy horings tien krone (konings) en op sy koppe ‘n naam van godslastering.

Vers 2: “Soos ‘n luiperd met pote van ‘n  beer en ‘n bek van ‘n leeu; en die draak (VALSE PROFEET) het hom sy krag gegee en sy troon en groot mag. Hierdie dier is die gruwel van die verwoesting waarvan Daniël gespreek het. Sien Matt 24:15 en Dan. 7:7 en 19-27. Jy kan nie die getal van die dier (666) uitwerk voor die einde gekom het nie, want Openb. 13:17 dit is die getal van sy naam. Jy moét eers sy naam ken, dan kan jy die  getal uitwerk. Ek kan nie te veel skryf nie, daarom moet julle self lees. Die DRAAK. En uit die aarde (ISRAEL) het ek ‘n ander dier sien opkom en hy het twee horings gehad net soos ‘n lam en het gepraat soos ‘n draak. Lees asseblief self Openb.13:11 – 18. Die twee horings is die dier en die valse profeet. Hy gaan sê dat hy Elia is. Hy laat selfs vuur uit die hemel neerdal voor die oë van die mense. Jesus het gesê Johannes die doper is Elia. Sien Matt.11:14 en Matt.17:12. Die valse profeet gaan vir hulle sê dat die dier hulle god is en dat hulle hom moet glo. En hulle sal hom aanneem. Openb.13:8 – “All die bewoners van die aarde (Israel) sal hom aanbid, almal wie se name nie van die grondlegging van die wêreld af in die boek van die lewe geskryf is nie. Daarom waarsku ek julle sodat julle hom nie moet glo nie. Die dier is die vader van die duiwel. Hy is ‘n werklikhied. Hy is ‘n baie baie slegte herder. Die dier en die valse profeet veroorsaak ARMAGEDDON.

Openb. 14:9 – ‘As iemand die dier en sy beeld aanbid en ‘n merk op sy voorhoof of op sy hand ontvang, vers 10, sal hy self ook drink van die wyn van die grimmighied van God. Openb. 17:17 – “Want God het dit in hulle harte gegee om sy bedoeling uit te voer en hulle heerskappy aan die dier te gee totdat die woorde van God volbring is. Babilon, die groot hoer is Israel. Openb.16:6 – “Want hulle het die bloed van heiliges en profete vergiet”.

Lees asseblief self Openb. 16, 17, 18 en 19. Nou sal julle ook die gelykenis van die landbouers verstaan. Matt.21:33 – 46. Hulle wou Jesus nie hê nie, daarom gebeur hierdie dinge met hulle. Matt.27:22 – “Laat Hom gekruisig word”. Vers 23: Maar hulle skreeu nog harder. Laat HOM gekruisig word. Vers 25: En die hele volk sê: “Laat sy  BLOED op ons en ons kinders kom!”

Lees ook Matt.23:37 en 38, Matt.24:2, Matt24:23+ en 24

Paulus sê: Rom. 11:1 Het God miskien sy volk verstoot? Nee, stellig nie! Liegbek!!, Leuenaar!!, Satanskind!!!

(Wil jy graag saamgesels, met my saamstem of verskil? Stuur dan asseblief ‘n SMS met jou mening na 45534).

Susan.

Related Articles

Check Also
Close
 
Back to top button