
Openb. 21:5 “En Hy wat op die troon sit het gesê:”Kyk, Ek maak alles nuut (ALLES). ‘n Nuwe Hemel, ‘n Nuwe Aarde en ‘n Nuwe Volk.
Jes.13: “Daarom sal Ek die hemel laat sidder en die aarde sal wyk uit sy plek met gebeef vanweë die grimmighied van die Here van die leërskare en vanweë die dag van sy toorngloed.
Jes.24:19 “Die aarde word geheel en al verbreek, die aarde is geheel en al aan wankel, die aarde word geheel en al geskud. Vers 20: “Die aarde waggel geheel en al soos ‘n dronkaard en swaai heen en weer soos ‘n naghut; en sy oortreding is swaar op hom; en hy sal val en nie weer opstaan nie.
Jes.65:17 “Want kyk, Ek skep nuwe hemele en nuwe aarde, en aan die vorige dinge sal nie gedink word en hulle sal in die hart nie opkom nie.
Jes. 66:22 “Want soos die nuwe hemel en die nuwe aarde wat EK maak voor my aangesig sal bestaan, spreek die HERE, so sal julle nageslag in julle naam bestendig wees (Die Nuwe Volk).
Joh. 14:2 en 3 “In die huis van my Vader is baie wonings; as dit nie so was nie, sou EK dit vir julle gesê het. Ek gaan om julle plek te berei. En as EK gegaan en vir julle plek berei het, kom EK weer en sal julle na My toe neem, sodat julle ook kan wees waar EK is. Openb. 21:8 “Maar wat die vreesagtiges aangaan en die ongelowiges en gruwelikes en moordenaars en hoereerders en towenaars en afgode dienaars en al die leuenaars – hulle deel is in die poel wat brand met vuur en swael. Dit is die tweede dood.
Openb. 21:27 “En daarin sal nie inkom iets wat verontreinig en gruwelikheid en leuens doen nie, maar net die wat geskryf is in die boek van die lewe van die Lam.
Die Nuwe Volk
Jes. 43:12 “Die volk wat EK vir MY geformeer het, hulle sal my lof verkondig.
Eseg. 37:10 “En ek het geprofeteer soos HY my beveel het. Toe het die Gees in hulle gekom en hulle het lewendig geword en op hulle voete gaan staan – ‘n ontsaglike groot leer (144 000).
Openb. 14:4 “Dit is hulle wat hulleself met vroue nie besoedel het nie, want hulle is maagdelik rein. Dit is hulle wat die Lam volg waar HY heengaan; dit is hulle wat gekoop is uit die mense as eerstelinge vir God en die Lam.
Exodus 13:2 “Heilig vir MY al die eersgeborenes. Alles wat die moederskoot open onder die kinders van Israel,van mens en dier, dit is myne. Hierdie 144 000 was al die tyd by Jesus in die hemel. Toe stuur Jesus hulle terug aarde toe om ‘n vrou te vat uit die dogters van Israel en om kinders te hê (‘n Nuwe Volk).
Sag. 10:9 “En EK sal hulle saai onder die volke en in verafgeleë streke sal hulle aan MY dink; en hulle sal saam met hulle kinders in die lewe bly en terugkom (HEMEL TOE). God sê niks van die vroue nie omdat hulle net soos al God se kinders hulle moet bekeer en God se gebooie gehoorsaam. Niemand is geroepe, uitverkore en getrou nie. NET DIE 144 000
Openb. 17:14 – laaste deel. Sien ook Openb.14:5.
Wil jy kommentaar op hierdie skrywe lewer of dit in meer detail bespreek? SMS Susan by 073 389 9070.



