NewsNews

3 000 mense staan reg om hul R15 vir ‘n stukkie grond te betaal

MEYERTON. - Duisende mense het Saterdag (23 Julie) op privaatgrond langs die R59, net voor die Heineken-fabriek toegesak om hul “stukkie grond” te eis.

MEYERTON. – Duisende mense het Saterdag (23 Julie) op privaatgrond langs die R59, net voor die Heineken-fabriek toegesak om hul “stukkie grond” te eis.
Luidens berigte het die EFF (Economic Freedom Fighters) grond teen R15 stuk verkoop, of altans inwoners R15 gevra om te registreer om in aanmerking te kom vir die grond wat hulle weggee. Dit is egter nie die eerste keer dat die grond onwettig beset word nie.
Daar het chaos op die R59 by die Kliprivier-afrit uitgebreek op 5 Julie, toe dit onder Midvaal Plaaslike Munisipaliteit se aandag gekom het dat privaatgrond by Peels Farm besig was om onwettig beset te word. Die Rooi Miere is ontbied om die grondbesetting te voorkom en kort voor lank het bande op die R59 gebrand. Minstens ses mense is tydens die optog gearresteer.
Die afgelope naweek is duisende mense met minibusse aangery, terwyl sommige met privaat voertuie daar aangekom het, en ander sommer te voet. Sowat 3 000 mense het in die ry gestaan vir een van die 1 000 erwe wat ‘weggegee’ word. Daar is tans sowat 350 plakkershutte wat werknemers op die plaas opgerig het, voor die boer wat die grond by die eienaars gehuur het, die hasepad gekies het. Die eienaars van die grond is tans besig om ‘n interdik te kry om te voorkom dat sowat 1 000 mense die grond beset.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button