NewsNews

Vaalpark pedofiel-pa pleit in Hooggeregshof

BLOEMFONTEIN. - Byna twee jaar na sy inhegtenisname staar die pedofiel-pa van Vaalpark 935 aanklagte in die gesig in die Hooggeregshof in Bloemfontein.

BLOEMFONTEIN. – Byna twee jaar na sy inhegtenisname staar die pedofiel-pa van Vaalpark 935 aanklagte in die gesig in die Hooggeregshof in Bloemfontein.

Die man (42), het gister op 228 aanklagte van vervaardiging van kinderpornografie, 542 aanklagte van die besit van kinderpornografie en 109 aanklagte van die verspreiding daarvan skuld beken.

Hy het egter op 48 aanklagte van verkragting, die van sy eie twee dogtertjies en 17 van hul maatjies, onskuldig gepleit en aangevoer dat hy slegs skuldig is aan seksuele aanranding op hulle. Die saak gaan voort in die Hooggeregshof in Bloemfontein. Vaalweekblad sal in volgende week se uitgawe meer volledig berrig.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button