Verona Goslett oor stemdag
MEYERTON. – Oud en jonk daag vandag in getalle by stemstasies in Midvaal op om hul kruisie te trek. Verona Goslett, jarelange inwoner van Midvaal, glo as jy nie stem nie kan jy nie jou mening lig nie. Hoewel die wind vandag waai en dit relatief koud is, het inwoners van Midvaal van vroegoggend in …

MEYERTON. – Oud en jonk daag vandag in getalle by stemstasies in Midvaal op om hul kruisie te trek.
Verona Goslett, jarelange inwoner van Midvaal, glo as jy nie stem nie kan jy nie jou mening lig nie.
Hoewel die wind vandag waai en dit relatief koud is, het inwoners van Midvaal van vroegoggend in die ry geval om vir hul verkose party te stem.
Midvaal sal na die verkiesing uit 15 wyke bestaan, waar dit voorheen net 14 was. Van die 14 wyke, het agt DA-raadslede gehad.
Verona Goslett is onder meer een van 90.6FM se aanbieders van die gewilde Morning Mix At Six-program
Kyk gerus die video hieronder:



