Dis aan soos Dingaan!
Ettienne van Rensburg VANDERBIJLPARK.- As vandag se inweeg-verrigtinge by die Emerald Resort en Casino enige aanduiding is, gaan die vonke more-aand behoorlik spat. Verskeie internasionale bokstitels gaan tydens A Night of Champions op die spel wees, maar die kollig is vanmiddag deur Ruann Visser van Meyerton en sy teenstander Didier Knife Kilola Lubika gesteel. Die …
Ettienne van Rensburg
VANDERBIJLPARK.- As vandag se inweeg-verrigtinge by die Emerald Resort en Casino enige aanduiding is, gaan die vonke more-aand behoorlik spat. Verskeie internasionale bokstitels gaan tydens A Night of Champions op die spel wees, maar die kollig is vanmiddag deur Ruann Visser van Meyerton en sy teenstander Didier Knife Kilola Lubika gesteel.
Die twee swaargewigte het sommer kort na hulle ingeweeg is, mekaar mooi laat verstaan dat hulle nie hier is om te speel nie. As kyke jou hospitaal toe kon stuur, sou Lubika waarskynlik in saal een en twee geëindig het. Die eerste gevegte skop more-aand om 19:00 af. Die hoogeveg tussen die Australiër, Jack Asis en die Suid-Afrikaner Malcolm Klassen om die IBO Junior Liggewig-wêreldtitel gaan baie belangstelling gaande maak. Kaartjies is by die deur teen R150 per persoon beskikbaar.










