Sommige Pinkstermense, veral die herders, praat in die vreeslikste onverstaanbare tale. Dan gee ‘n ander een die uitleg van dié onverstaanbare taal. Nog ‘n ander een profeteer in net so ‘n onverstaanbare taal. En dit!! sê hulle is die werking van die Heilige Gees. HA. Dit is net nog iets wat julle by Paulus geleer het. Wanneer God ‘n boodskap aan sy volk wil gee stuur HY SY dienskneg(te) om te sê soos al die profete, sodat die hele volk kan weet wat God sê. Die dissipels het ook nie in onverstaanbare tale gepraat nie.
Lees Hand 2:1-13. Vers 8: “En hoe hoor ons hulle, elkeen in ons eie taal waarin ons gebore is (verstaanbare taal)”. Jesus het ook niks gesê van tale en uitleg van tale nie. Sien julle nou hoe het Paulus julle mislei??
Jes. 28:22 “Gedra julle dan nou nie soos spotters dat julle bande nie vaster word nie”.
Jes. 28:1 “Wee die trotse kroon van die dronkaards van Efriam (weet julle nie wat dit beteken nie). Efraim is die nasies. Die trotse kroon is die herders. Dronkaards, omdat julle die wyn Paulus vir julle ingeskink het, gedrink het.
Jes. 28:2 “Kyk, die HERE het een wat sterk en magtig is soos ‘n haelstorm, ‘n storm vol verwoesting (Die seun van Dawid).
Vers 3 “Met voete sal vertap word die trotse kroon van die dronkaards van Efriam. Vers 26 “En sy God het hom onderrig hoe om dit te doen. HY leer hom. Vers 19 “So dikwels as hy deurtrek, sal hy hulle gryp …..En dit sal net verskrikking wees om so ‘n openbaring te verneem.
Jes.13:3 “Ek self het my geheiligdes ontbied; ook het ek my helde tot my toorn geroep, my manne wat jubel in trotsheid. Vers 4 “Hoor ‘n gedruis op die berge soos van baie mense. Hoor ‘n rumoer van Koninkryke, van versamelde nasies! Die HERE van die leërskare hou wapenskouing oor ‘n oorlogsleër. Vers 5 “Hulle kom uit ‘n ver land van die einde van die hemel af, die Here en die werktuie van sy grimmigheid, om die hele aarde te verwoes. Vers 6 ‘Huil julle, want die dag van die HERE is naby; hy kom as ‘n verwoesting van die Almagtige (Die seun van Dawid). Daarom waarsku ek julle. Steek julle trots en julle eer en aansien in julle sakke. Bekeer julle daarvan om twee Here te dien. Erken dat Paulus julle mislei het voordat God SY haelstorm loslaat.
Jer.30: 24 “Die toorngloed van die HERE sal nie afgewend word nie totdat HY uitgevoer en tot stand gebring het die raadslae van sy hart; aan die einde van die dae sal julle dit verstaan.
Susan.
Hierdie rubriek is die opinie van die briefskrywer en nie noodwendig van MooiVaal Media nie. Mense wat hul mening daaroor wil lug, kan ‘n e-pos stuur aan die redakteur by rfichat@media24.com, of sms u mening na 45534. SMS’e kos R1-50 elk.



