
Ons almal ken daardie gevoel… jy staan op in die oggend, opgewonde oor die dag wat voorle, jy kyk in die spieel en daar sit hy: ‘n groot, geel, puisie!
Jy voel of die aarde jou moet insluk want dit is nou ook sowaar die oggend van daardie belangrike vergadering, voorlegging of toespraak by die skool. Maak nie saak hoe hard jy probeer om dit weg te kry nie, dit raak net erger en groter.
Maar wat veroorsaak dit? vra jy…
Die vel bestaan uit klein gaatjies wat poriee genoem word. Hierdie poriee is die opening van klein follikels onder die vel wat olie uitskei om die vel soepel en glad te hou. As die poriee blokkeer word deur te veel olie, dooie vel of bakteriee dan kan daar inflammasie ontstaan wat puisies of in sy erger vorm, aknee genoem word.
Meenste jong mans en vrouens tussen die ouderdom van 12 en 25 word geaffekteer deur aknee, so al voel dit vir jou so, jy is nie die enigste een nie! Dis darem goeie nuus…
Hoe neem ons, ons vel terug?
Die groot geheim is, matigheid voor oe… ons natuurlike, vroulike instink maak ons wys dat as ons die vel gaan was en skrop, dit als sal verbeter, maar inteendeel, dit kan als vererger. Te veel afskilfering en reinig ing van die vel kan die follikels irriteer en die puisies of aknee vererger.
Hou jou velsorg roetine eenvoudig en maklik.
- Was jou gesig met ‘n seep of gel wat geskik is vir olierige of aknee vel maar wat nie die vel te veel sal uitdroog of irriteer nie. Sodra jy jou vel uitdroog, skei die follikels net meer olie af om vel se balans weer herstel.
- Gebruik ‘n afskilferaar een tot twee maal per week, niks meer nie. Deur te veel te skrop gaan ook die infeksie vererger en versprei. Die ideale afskilferaar is een wat bestaan uit vrugtesure en nie noodwendig korrels nie. Die korrels is grof wat ook irritasie kan bevorder.
- Gebruik ‘n saamtrekmiddel wat sag is op die vel en die poriee weer saamtrek sodat daar nie verdere stof en bakteriee kan binne gaan nie. Rooswater is altyd ‘n goeie keuse en dit ruik ook lekker.
- Gebruik ‘n masker op jou vel ook slegs een of twee keer per week, net om van al die ekstra olie ontslae te raak. Kleimasker of masker geskik vir olierige of aknee velle sal hier die beste keuse wees.
- Laaste maar die nie minste nie, kies ‘n bevogtiger wat nie te ryk is vir die vel en die poriee sal verstop nie, maar eerder sal voed en glad sal laat voel. Die geskikte keuse sal wees een met ‘n waterbasis en nie oliebasis nie.
Nou vir die groot bederfgeheim dames: gaan so een maal per maand vir ‘n goeie gesigbehandeling. Dit hoef nie by ‘n duur salon te wees nie, wees kreatief en dink uit die boks.
Ruim ‘n gedeelte in jou huis in waar jy en ‘n paar vriendinne rustig en gemaklik kan le. Nooi hul dan oor vir ‘n regte “pamper party” waar jul vir mekaar gesigbehandelings gee, en daar is niks verkeerd daarmee as dit vergesel word met ‘n goeie glas rooiwyn nie, maak net seker almal is ouer as 21!
Dit kan ook ‘n goeie “bonding” tyd gee vir Ma en dogter, as jul om die beurt vir mekaar gesigbehandelings kan gee. Daar is geen beter ontspanning soos die gevoel van iemand anders se hande op jou gesig nie.
Wat produkte betref: die duurste is nie noodwendig altyd die beste nie. Kies produkte wat jou sak pas en die nodige werk doen om jou vel op sy beste te laat lyk.
Volg ook maar gerus die goue, oue raad waarmee ons Ma’s en Oumas grootgeword het: Moenie gaan slaap met grimering aan nie.
LYK MOOI – VOEL MOOI GROETE TOT VOLGENDE KEER



