BlogsLetterOpinionsSponsored

Die Wederkoms

• Die inhoud van dié rubriek is die mening van die skrywer en nie noodwendig van MooiVaal Media nie.

Voor Jesus ons kom haal, moet die Dier en die valse profeet eers kom, anders was dit mos nie nodig dat Jesus ons teen hulle waarsku nie.

Matt. 24:24 “Want daar sal valse christusse (nee, ‘n valse christus) en valse profete (nee, ‘n valse profeet), opstaan en hulle sal groot tekens en wonders doen om as dit moontlik was ook die uitverkorenes (die 144 000) te mislei (Maar dit is nie moontlik nie, want hulle ken hulle God).

Vers 25  “Kyk, EK (Jesus) het dit vir julle vooruit gesê.

Vers 26  “As hulle dan vir julle sê:”Kyk, Hy is in die woestyn (die valse profeet) moenie uitgaan nie; Kyk Hy is in die binnekamer (die Tempel) moet dit nie glo nie (Die Dier gaan sê hy is God).

Vers 27 “Want soos die weerlig uit die ooste uitslaan en tot in die weste skyn, so sal die koms van die Seun van God wees. Lees self verder tot vers 44.

Die Dier en die valse profeet het ‘n vasgestelde tyd waarin hulle moet doen waarvoor God hulle bestem het.

Openb. 17:17 “Want God het dit in hulle harte gegee om sy bedoeling uit te voer en een bedoeling uit te voer en hulle héérskappy aan die dier te gee totdat die woorde van God volbring is. En dan sal die wederkoms van Jesus plaasvind. Die dag en die uur weet niemand nie, ook nie die 144 000 nie, maar Jesus het vir ons tekens gegee.

Matt.24:14  Laaste deel “En dan sal die einde kom.”

Vers 15 “Wanneer julle dan die gruwel van die verwoesting waarvan gespreek is deur die profeet Daniël sien staan in die heiligdom (in die tempel) lees self verder.

Openb. 14:9 “As iemand die dier en sy beeld aanbid en ‘n merk op sy voorhoof en op sy hand ontvang sal hyself ook drink van die wyn van die grimmigheid van God.

Vers 13 “En ek het ‘n stem uit die hemel aan my hoor sê:  “Skryf  – salig is van nou af die dode wat in die Here sterwe.

Openb. 20:11 “En, ek het ‘n groot wit troon gesien en Hom wat daarop sit voor wie se aangesig die aarde en die hemel weggevlug het en daar is geen plek vir hulle gevind nie (die wederkoms).

Openb. 16:17 “En die sewende engele het sy skaal uitgegooi in die lug en ‘n groot stem het uit die tempel van die hemel gekom van die troon af wat gesê het: “DIT IS VERBY!

Vers 18 “En daar het stemme gekom en donderslae en bliksemstrale; en daar het ‘n groot aardbewing gekom soos daar nog nié gewees het vandat die mense op die aarde was nie – so ‘n geweldige groot aardbewing (met hierdie groot aardbewing gaan die grafte oopgaan en almal sal opstaan).

Joh. 5: 28 “Want daar kom ‘n uur wanneer almal wat in die grafte is Sy stem sal hoor en sal uitgaan, die wat goed gedoen het tot die opstanding van die lewe en die wat kwaad gedoen het tot die opstanding van die veroordeling.

Openb. 1:7 “Kyk, Hy kom met die wolke en elke oog sal Hom sien – ook hulle wat Hom deursteek het (en gespoeg het, en geslaan het, en sy baard getrek het, en Hom gespot het en vir Hom gesê het Hy is van die duiwel).

Hierdie was my laaste brief aan julle. Houvas aan Jesus ons Vader. Wees gehoorsaam aan sy gebooie dan sal julle gered word.

Amen

Related Articles

Check Also
Close
 
Back to top button