Breinvliesontsteking: Wat elke ouer moet weet
Verskeie voorvalle van breinvliesontsteking is oor die afgelope maande in Suid-Afrika gerapporteer, en die afgelope week ook ’n voorval in Parys. Onder die jongste noodlottige gevalle was ’n Potchefstroomse student, Ettienne de Villiers (19) wat aan dié siekte gesterf het. So ook ’n 11-jarige seun van Ellisras wat in April binne 24 uur aan die siekte gesterf nadat hy in die hospitaal opgeneem is. Dokters Sonder Grense het in Januarie breinvliesontsteking uitgesonder as een van 5 moontlike epidemies wat kan uitbreek. ’n Waarskuwing hieroor is aan die Wêreldgesondheidsorganisie gerig.

Verskeie voorvalle van breinvliesontsteking is oor die afgelope maande in Suid-Afrika gerapporteer, en die afgelope week ook ’n voorval in Parys.
Verlede week het ’n Potchefstroomse student, Ettienne de Villiers (19) aan dié siekte gesterf. So ook ’n 11-jarige seun van Ellisras wat in April binne 24 uur aan die siekte gesterf nadat hy in die hospitaal opgeneem is.
Dokters Sonder Grense het in Januarie al breinvliesontsteking uitgesonder as een van 5 moontlike epidemies wat kan uitbreek. ’n Waarskuwing hieroor is toe aan die Wêreldgesondheidsorganisie gerig.
Wat moet jy as ouer weet van breinvliesontsteking?
Daar is 2 soorte breinvliesontsteking (meningitis). Die siekte veroorsaak weefselontsteking in die brein en rugmurg wat deur ’n virus of bakterie veroorsaak word.
Bakteriese meningitis is lewensgevaarlik en aansteeklik en kan van mens na mens oorgedra word deur besmette liggaamsvloeistowwe soos met nies- en hoesbuie, of as persoonlike gebruiksartikels gedeel word, of met ’n soen.
Virale meningitis daarenteen is in die meeste gevalle minder ernstig en die pasiënt kan gewoonlik heeltemal genees ná behandeling.
Kyk uit vir dié simptome:
Simptome stem dikwels ooreen met dié van ’n ernstige verkoue of griepsimptome. Dit sluit in:
*Erge hoofpyn wat gepaard gaan met hoë koors en naarheid.
* Moontlik diaree
* Lomerigheid
* Donkerrooierige uitslag oor die lyf.
* Disoriëntasie en selfs bewusteloosheid.
* Sensitiewe oë
* Nekstyfheid
Nie alle pasiënte toon al die simptome nie.
Behandeling:
As jy die simptome ervaar – spreek jou dokter sodat die nodige toetse vir breinvliesontsteking gedoen kan word. As jy positief toets sal jy in die hospitaal behandel word.



