
Die NG Kerk Vredefort bied die jaarlikse Koepel-korefees en kermis aan op Vrydag 26 Augustus. Hierdie luisterryke geleentheid is oraloor bekend vir die hoë gehalte koormusiek wat hier gehoor word.
Meer as 10 kore vanoor die Vrystaat en Vaaldriehoek neem deel.
Die kermis bied tombola, speletjies, skyfskiet vir die kinders en heerlike lekkernye wat te koop sal wees.
Moenie hierdie kulturele hoogtepunt misloop nie.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



