CommunityEntertainmentEventsLifestyleNews

Kom geniet ‘n gereg wat die koppe laat draai

// VANDERBIJLPARK. – Die gewilde skaapkop-ete by die Noordwes-Universiteit gaan hierdie jaar weer honderde besoekers lok. Die ete word op Saterdag, 10 September vanaf 16:00 by die Vaal Pukke se groot lapa aangebied. Die hoofete begin om 18:30 en eetgerei, stoele en tafels word voorsien. Die skaapkop en bygeregte beloop R180 per persoon, terwyl dié …

//

VANDERBIJLPARK. – Die gewilde skaapkop-ete by die Noordwes-Universiteit gaan hierdie jaar weer honderde besoekers lok.
Die ete word op Saterdag, 10 September vanaf 16:00 by die Vaal Pukke se groot lapa aangebied. Die hoofete begin om 18:30 en eetgerei, stoele en tafels word voorsien. Die skaapkop en bygeregte beloop R180 per persoon, terwyl dié wat net kans sien vir die bygeregte se koste R120 per persoon beloop. Elkeen word gevra om hul eie bykosse saam te bring, asook drinkgoed, glase en ys.
Skaapkoppe, skaapsterte, afval, stampmielies en skilpadjies is nou nie elkeen se voorkeur geregte nie, maar as jy dit eers geproe het, sal jy nooit nee sê vir dié smulgereg nie.
Volgens organiseerder Gerrit du Plooy het dit in Oranjeville ontstaan toe hy maar elke nou en dan so ‘n paar vriende genooi het om die skaapkoppies by hom te kom geniet. Daarna het die hele ding so groot geword dat hy sy eie oond aangekoop het en dit nou op ‘n gereelde basis gedoen word. Besprekings is noodsaaklik en navrae en besprekings kan by Gerrit gedoen word by 082 944 9290.
* Kyk gerus ook na die video insetsel op vaalweekblad.com of gebruik die skakel https://youtu.be/53GzMBIKGac om te sien hoe skaap se kop geëet moet word. Belangstellendes kan die Facebookblad besoek, deur die woorde ‘skaap koppers” in te tik.
DSC00507 (Medium) DSC00498 (Medium) DSC00499 (Medium) DSC00503 (Medium) DSC00505 Willie Louw Gerrit du Plooy en Neil van den Berg (Medium)
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button