NewsNews

Huisrower vasgevat op lentedag

VANDERBIJLPARK. – Puik samewerking tussen die SAPD blitspatrollie, sekuriteitsmaatskappye en AfriForum Vanderbijlpark se buurtwag het laatnag op 1 September gelei tot die inhegtenisname van ‘n huisrower in die SE1 area. Talle geroofde items is teruggevind. Die slagoffers is nie beseer nie. Cor Schönborn van AfriForum Vanderbijlpark sê dat die vastrek van huisrowers ‘n prioriteit is …

VANDERBIJLPARK. – Puik samewerking tussen die SAPD blitspatrollie, sekuriteitsmaatskappye en AfriForum Vanderbijlpark se buurtwag het laatnag op 1 September gelei tot die inhegtenisname van ‘n huisrower in die SE1 area. Talle geroofde items is teruggevind. Die slagoffers is nie beseer nie.

Cor Schönborn van AfriForum Vanderbijlpark sê dat die vastrek van huisrowers ‘n prioriteit is weens die gevaar wat huisroof vir inwoners inhou. Huisroof is wanneer (gewoonlik gewapende) inbrekers toegang tot ‘n perseel verkry terwyl die inwoners teenwoordig is. AfriForum Vanderbijlpark moedig inwoners aan om by die burgerregte-organisasie aan te sluit. Stuur gerus e-pos aan afriforumvdb@gmail.com

boef

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button