NewsNews

DBV-inbraak

VEREENIGING. - Die Vereeniging/Vanderbijlpark Dierebeskermingsvereniging (DBV) wil dringend hul sekuriteit opskerp nadat diewe op 17 Augustus weer by die perseel in Vereeniging ingebreek het en selfs die koffiebekers gesteel het.

Volgens Marlien Pieterse, bestuurder van die DBV het hulle groot skade gely. “Basies alles wat in die kantoor was, is gesteel. Al die rekenaars, kameras, kontant, die inspekteurs se toerusting en gereedskap, selfs die waspoeier waarmee die honde se komberse gewas word, koffie, tee, koffiebekers en die handdoeke en spieël in die badkamer.”
Kringtelevisie materiaal wys hoe die diewe eers rustig die yskas leegmaak en sommer tussen-in peusel ook. Die beeldmateriaal wys ook dat hulle omstreeks 23:00 begin het om ‘n plek te soek waar hulle kan inkom en eers om 03:00 deur die sekuriteitsfirma versteur is. Marlien vra egter die gemeenskap om geduldig te wees sodat hulle net weer op hul voete kan kom.
“Ons het geen rekenaartoegang nie en dit gaan minstens twee weke neem om net weer alles in plek te kry sodat ons met ons daaglikse take kan voortgaan,” sê Marlien. Sy sê verder dit is vir haar hartverskeurend.
Al hulle bewyse wat op die rekenaars was wat hulle vir hofsake wou gebruik, is daarmee heen. “Hoe moet ons nou daardie diere verdedig?” Self Zola Budd, die DBV se kantoorkat was getraumatiseer, maar gelukkig het sy in die bosse weggekruip.
“Toe ons by die DBV kom het sy letterlik in my arms gespring,” sê Marlien.
Hulle doen ‘n beroep op die gemeenskap om hulle te help om hul sekuriteit op te skerp, asook om meer beligting buite die perseel te kry omdat die inspekteurs dag en nag beskikbaar moet wees om diere in nood te help.
Die polisie ondersoek tans die saak. Die skade word tot dusver op sowat R300 000 beraam.
“Ons moet basies weer van voor af begin en dit is werklik baie erg,” sê Marlien.
Indien enige persoon wil help of ‘n bydrae wil lewer, kan Marlien by (016) 422 1505 of (016) 455 1908 gekontak word.

Al die rekenaars met belangrike inligting wat die DBV nodig het, is gesteel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button