Mnr. Andries Visagie, taksekretaris van AfriForum Vanderbijlpark en Vaalweekblad het dadelik ondersoek ingestel. Dit blyk dat Emfuleni op 1 September reeds die goedkoper somertariewe begin hef het, maar dat die rekenaargeskepte boodskap onderaan die kwitansie, nie aangepas is om die koste van die somertariewe te meld nie. Mnr. Stanley Gaba, Emfuleni se waarnemende bestuurder: Kommunikasie, kon nie op skatyd vir kommentaar bereik word nie, maar ‘n nie-amptelike woordvoerder het bevestig dat verbruikers reeds sedert 1 September die laer somertarief betaal. Die foutiewe rekenaarboodskap sou dadelik reggestel word. Vaalweekblad plaas op lesersversoek Emfuleni se somer- en winter-elektrisiteitstariewe hier onder en regs bo.





