NewsNews

Riool loop ‘soos watervalle’ rivier toe

VANDERBIJLPARK. - Al die veld is vrolik, lente is in die lug, maar in Mario Milani-rylaan langs die Vaalrivier is daar iets minder aangenaam in die lug: ‘n aardige reukie wat deur motoriste as ondraaglik beskryf word.

Die oorsaak is dat ‘n rioolpomphuis in dié gebied tussen Vanderbijlpark en Vereeniging ophou funksioneer het en rioolwater nou hier uitborrel en in breë strome pad-af loop.
“Die hele pompstelsel loop oor. Die rioolwater beslaan al ‘n area so groot soos ‘n rugbyveld. Dit lyk soos watervalle soos wat dit ‘n hele paar kilometer tot in ‘n vlei loop. Van daar af beland dit in die Vaalrivier,” sê mnr. Daantjie van Vuuren, ‘n sakeman wat daagliks dié roete ry.

Stinkende rioolwater bedek al 'n gebied so groot soos 'n rugbyveld langs Mario Milani-rylaan tussen Vanderbijlpark en Vereeniging. Volgens die Emfuleni Plaaslike Raad is die oorsaak 'n gebarste pyp in die rioolstelsel in daardie omgewing.
Stinkende rioolwater bedek al ‘n gebied so groot soos ‘n rugbyveld langs Mario Milani-rylaan tussen Vanderbijlpark en Vereeniging. Volgens die Emfuleni Plaaslike Raad is die oorsaak ‘n gebarste pyp in die rioolstelsel in daardie omgewing.

Die reuk is verskriklik, sê hy, maar sy nuuskierigheid het die oorhand oor die stank gekry en hy het nader ondersoek gaan instel. Hy het toe op die oorsaak van die onaangename spulletjie by die rioolpomphuis afgekom, waar hy die meegaande foto’s geneem het.
Mnr. Stanley Gaba, waarnemende bestuurder: Kommunikasie en Bemarking van Emfuleni, het by navraag aan Vaalweekblad gesê die munisipaliteit is bewus van die probleem by pompstasie 16 en gee dringend aandag daaraan.
Hy sê ‘n gebarste pyp by pompstasie 17 het veroorsaak dat ‘n reeks pompstasies afgeskakel moes word om die pyp wat probleme gee, te kan oopgrawe. Weens die verweerde toestand van die pyp kan nie net ‘n gedeelte herstel word nie. Dit sal in geheel vervang moet word.
“Ons hoop om dit teen die einde van volgende naweek herstel te hê,” het mnr. Gaba gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button