CommunityNewsNews

Moord en poging tot voertuigkaping in ons hoofstraat

VANDERBIJLPARK. - 'n Mislukte voertuigkaping net na 21:00 Vrydagaand 30 September het tragies geïndig toe 'n man koelbloedig doodgeskiet is in sy motor.

VANDERBIJLPARK. – ‘n Mislukte voertuigkaping net na 21:00 Vrydagaand 30 September het tragies geëindig toe ‘n man koelbloedig doodgeskiet is in sy motor in Frikkie Meyer Boulevard sowat 100m noord van die nuwe Spur.

Volgens voorlopige inligting is dat die vrou die vloerbestuurder is van die klein Pick en Pay in Vanderbijlpark. Hulle is deur twee kapers by die Pick en Pay oorweldig. Die twee kapers is klaarblyklik deur ‘n wit Mercedes daar afgelaai. Haar man het in die passasiersitplek van die voertuig gesit met een kaper agter hom en een wat bestuur. Sy vrou het regs agter in hulle ligblou Ford Ikon gesit.

Hulle is in Macowenstraat af en het in Frikkie Meyer Boulevard opgedraai na die sentrale sakegebied toe twee polisiemanne van die blitspatrollie blykbaar ‘n skoot of skote gehoor het en die voertuig van die pad afgetrek het. Skote is tussen die polisie en die rowers geskiet. Albei kapers is op die toneel in hegtenis geneem. Die man is egter koelbloedig agter in die kop geskiet deur die kaper wat agter hom gesit het. Hy is op die toneel deur ER24 dood verklaar.

Die jong vrou is deur ER24 vir skok behandel. Die polisie het die toneel afgespêr en forensiese deskundiges het die toneel ondersoek.

Hou Vaalweekblad.com dop vir meer inligting en ook die Vaalweekblad van 5 Oktober.

 

634A8803 (Medium)-1 634A8805 (Medium)-1 634A8806 (Medium)-1 634A8807 (Medium)-1 634A8808 (Medium)-1 634A8809 (Medium)-1

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button