News
Fanie du Preez se tyd is hier
VANDERBIJLPARK. - Byna tien maande nadat Fanie du Preez sy gesin in die middernagtelike ure van 3 Desember 2015 by die gesin se huis in Piet Retief-boulevard uitgewis het, word sy verhoor op Maandag, 10 Oktober in die Hooggeregshof in Vereeniging voortgesit.

//
Fanie staan tereg op drie aanklagte van moord. Hy word aangekla van die moord op sy vrou, Thea du Preez (41), sy dogter Carlia (17) en sy seun Phillip (14).
Na verskeie hofsake en drie verklarings wat hy afgelê het en waarin hy skuldig gepleit het, het hy intussen sy pleit na onskuldig verander.
Hy is steeds in aanhouding.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!





