News

Voetganger erg beseer toe voertuig hom tref

VEREENIGING. – ‘n 28-Jarige man is in ‘n ernstige toestand nadat hy vroeër vandag in Blackwoodstraat, Vereeniging, deur ‘n voertuig getref is. Volgens Werner Vermaak, ‘n woordvoerder van ER24, het paramedici van dié nooddiens omstreeks 15:00 vanmiddag op die ongelukstoneel afgekom en die beseerde man aangetref waar hy etlike meter agter die voertuig gelê het. …

VEREENIGING. – ‘n 28-Jarige man is in ‘n ernstige toestand nadat hy vroeër vandag in Blackwoodstraat, Vereeniging, deur ‘n voertuig getref is. Volgens Werner Vermaak, ‘n woordvoerder van ER24, het paramedici van dié nooddiens omstreeks 15:00 vanmiddag op die ongelukstoneel afgekom en die beseerde man aangetref waar hy etlike meter agter die voertuig gelê het. Hy het verskeie frakture opgedoen en vermoedelik ook hoofbeserings. Hy is op die toneel gestabiliseer en na die Sebokeng-hospitaal gehaas vir verdere behandeling. Die insittendes van die voertuig is nie beseer nie.
Die polisie en verkeersafdeling was ook op die toneel om die presiese oorsaak van die ongeluk te bepaal.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button