News
#DuPreezHofsaak is aan die gang
VEREENIGING. - Die hofverrigtinge van Fanie du Preez het amptelik in die Hooggeregshof in Vereeniging begin.

Regter Hennie de Vos hanteer die saak, terwyl advokaat Erik van der Merwe vir die staat en advokaat Rudolf van Wyk vir die verdediging (Du Preez) sal optree.
Ongeveer vyf getuies sal vandag geroep word, onder meer die SAPD-lede en die forensiese fotograaf.
Leerlinge van die Hoërskool Driehoek, Du Preez se ma en stiefpa asook familie en vriende van Thea het hul plek in die hof ingeneem.
Die saak sal na verwagting twee weke duur.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



