Local newsNews

Kyk hier wat Fanie du Preez gepleit het

VEREENIGING. - Fanie du Preez wat terreg staan op drie aanklagtes van moord, twee aanklagtes vir die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie asook een aanklagte van regsverydeling het vanoggend in die Hooggeregshof in Vereeniging gepleit.

Hy het onskuldig gepleit op die drie aanklagtes van moord op sy vrou, Thea, dogter, Carlia en seun, Phillip. Hy het ook onskuldig gepleit op die aanklag van regsverydeling en aanvanklik skuldig op die besit van onwettige vuurwapens en ammunisie.

Die hof moes egter vir ‘n paar minute verdaag sodat Du Preez met sy advokaat kon konsulteer, waarna hy sy een pleit verander het. Hy het slegs op een aanklag vir die onwettige besit van ‘n vuurwapen skuldig gepleit.

* Volg Vaalweekblad vir die gebeure in die hof vandag.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button