EntertainmentEventsNews

Orreluitvoering by NG Kerk Vredefort

Alle liefhebbers van kerkorrelmusiek kan op 30 Oktober na 'n onvergeetlike uitvoering kom luister by die NG KERK Vredefort wanneer orreliste Erna Rademan se 30 Jaar diens om 09:30 die oggend gevier gaan word.

NG KERK Vredefort vier Erna Rademan se 30 Jaar diens op 30 Oktober 2016 om 9.30! Kom luister na Erna op haar beste. Haar 2 orrelis-susters, René Ferreira en Karin Michau, beide van die Kaap, tree op, en Erna se skoonma, die alom bekende Olga Rademan, gaan die Widor Toccata op 90 jarige ouderdom uitvoer. Verder hoor ons ook vir Walda Strauss en Marli Kruger op die orrel. Anthony en Anci Duffin, Carel Steyn, Andries Mostert, Erna se seun, Pieter Rademan, en die bekroonde doedelsakspeler, Liam O’Flaherty, gaan as instrumentaliste optree. Sangers om na uit te sien is Marguerite van Wyk, Heléne Leonard, Welmarie Steenkamp, Heine Brussow, Gerhard van Rensburg en die Deo Gloria Koor. Magda Perry gaan die voorsang lei en nog ‘n suster van Erna, Theresa Troskie, gaan vir voordrag sorg. Na afloop van die diens gaan verversings op eg plattelandse wyse bedien word. Geen toegang nie. Hierdie grootse geleentheid is vry, kosteloos, gratis en verniet!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button