Phillip se kopbeen was in twee gebreek
VEREENIGING. - Dr. Mpho Seele het vanoggend in die Hooggeregshof in Vereeniging oor Thea, Carlia en Phillip se beserings getuig.

Volgens dr. Seele het die een patroon aan die regterkant van haar gesig ingegaan, teen haar kopbeen vasgeslaan en agter haar linkeroor onder die vel gestop. Die tweede patroon het naby haar mond ingegaan, die basis van haar brein getref en by haar linkerslaap uitgegaan, maar onder die vel bly lê. Al haar organe was bleek weens bloedverlies. Die afstand vanwaar die skote afgevuur is word op 60 – 90mm in ‘n afwaarste rigting bereken terwyl sy plat in die bed gelê het.
Carlia het onder meer ‘n wond op haar handpalm gehad soos wat sy vermoedelik probeer keer het. Die koeël is by haar kakebeen in en teen die agterkop vas. Die een patroon het haar agterkop deurboor en die tweede patroon is by haar nek in en het by haar regteroor gestop. Die ander patroon in bo haar regteroogbank in en by die agterkant van haar kop uit, terwyl die vyfde skoot wat afgevuur is, haar in die nek getref en in die middelbrein tot stilstand gekom het. Altesaam ses skote is op haar afgevuur en haar getref.
Dr. Seele reken Carlia het beweeg terwyl sy geskiet is.
Wat Phillip se wonde betref is hy net een keer geskiet. Slegs een wond is aan sy linkerslaap gevind. Sy kopbeen was in twee gebreek en sy oë bebloed weens die koeëlwond.



