CommunityNewsNews

Du Preez trane vloei – FOTOS: Jannie du Plessis

Du Preez Hofsaak dag 2 Artikel 4 – 11 Oktober 2016 VEREENIGING. – Fanie du Preez het Dinsdag 11 Oktober in trane uitgebars toe sy ma en familie hom groet na die dag se hofverrigtinge  in die streeks Hooggeregshof. In die vier uur en vyf en veertig minute het die staat vyf getuies geroep. Dr Mpho Seele, staatspatoloog het …

Du Preez Hofsaak dag 2 Artikel 4 – 11 Oktober 2016

VEREENIGING. – Fanie du Preez het Dinsdag 11 Oktober in trane uitgebars toe sy ma en familie hom groet na die dag se hofverrigtinge  in die streeks Hooggeregshof.

In die vier uur en vyf en veertig minute het die staat vyf getuies geroep. Dr Mpho Seele, staatspatoloog het in fyn besonderhede en baie professioneel beskryf hoe elke projektiel die liggame van die drie slagoffers getref het en wat van die projektiele geword het. Hy het ook beskryf watter skade elke projektiel aangerig het. Sien https://vaalweekblad.com/12513/phillip-se-kopbeen-was-in-twee-gebreek/ of besoek vaalweekblad.com.

Die tweede getuie, Stefan Venter wat saam met du Preez gewerk het voor du Preez a.g.v. personeelvermindering afgedank is, het getuig dat du Preez hom ‘n paar maande gelede gevra het waar hy ‘n ongelisensieërde vuurwapen in die hande kan kry. Klaarblyklik omrede hy probleme met Libanese opgetel het.

Brandon Grovè was volgende in die getuie bank. Hy was Carlia se vriend van drie en ‘n half jaar en was feitlik elke aand in die du Preez woning. Hy het selfs naweke oorgeslaap saam met Carlia in haar kamer met die toestemming van du Preez en Thea, haar ma. Grovè is gevra om meer te getuig oor die huislike omstandighede en verhoudings tussen die gesinslede. Ander vrae oor die alarm en die sluit en veiligheid in die huis is ook aan Grovè gestel.

Benjamin Dippenaar, nog ‘n vriend van du Preez en voertuigkenner wat du Preez gehelp het met voertuig herstelwerk, is gevra om te getuig oor ‘n oliefilter wat du Preez hom gevra het om ‘n 19mm gat in die toekant van die filter te boor. Du Preez het hom nie gesê waarvoor dit is nie en Dippenaar het hom nie uitgevra daaroor nie. Dieselfde tipe oliefilter is in die hof aan Grovè gewys om te wys waar die gat geboor is. Volgens inligting was die tipe selfgemaakte klankdemper gebruik op die wapen wat Thea en haar kinders doodgeskiet het.

Adjudant offisier van die Vereeniging se forensie afdeling is toe geroep om te getuig en elke foto en groepe foto’s is bespreek om uitklaring te gee aan posisies, voorwerpe op die foto’s, asook die wapens en waar elke wapen gekry is. Sithole het getuig dat twee van die vuurwapens wat gevind is oorgehaal was. Kritieke items is ook deur hulle gevind soos handskoene, kouse, ‘n baadjie, twee wapens in die dak, twee haelgewere in die kluis en die wapen wat op die toneel gelê het waar du Preez met een van die inbrekers baklei het. Die een wapen was in ‘n kas. Patroondoppies is bespreek wat ook later kritieke getuienis gaan wees.

Môre, Woensdag 12 Oktober sal Sithole eers sy getuienis voortsit terwyl die verdediging hom vrae gaan vra. Daarna gaan die staat een van die familielede roep om te getuig. Waarskynlik sal dit Rina Fouchè wees.

FOTOS IN DIE HOF 11 OKTOBER 2016

634A9513 (Small) 634A9515 (Small) 634A9519 (Small) 634A9524 (Small) 634A9526 634A9528 634A9529 634A9530 634A9533 634A9536 634A9539 634A9540 634A9541 634A9543

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button