CommunityNewsNews

#DuPreezHofsaak gaan vandag voort

VEREENIGING. - Vandag merk dag vier van die #DuPreezHofsaak. Fanie du Preez van Vanderbijlpark staan tereg op drie aanklagtes van moord, twee vir die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie en een aanklagte vir regsverydeling. 

Vandag sal ao. Francois Alberts verder getuig na hy gister Du Preez se verklaring vir die hof voorgelees het wat Du Preez afgelê het toe ao. Alberts hom na die polisiestasie geneem het die dag van die moorde.

Du Preez het in dié verklaring afgewyk van die eerste verklaring wat hy op die toneel aan die eerste polisieman gemaak het.

In die verklarings beweer hy Nigeriërs het gedwing om sy vrou, Thea, dogter, Carlia en seun, Ohillip, te skiet.

Die hof het ook gehoor dat ao. Alberts die Saterdag na die tragiese gebeure na Du Preez se huis is waar hy die handgemaakte knaldemper in Phillip se kas in ‘n kussing gevind het. Dit nadat ao. Alberts hom by die polisiestasie, nadat hy gearresteer is,  oor die knaldemper gevra het..

Vandag gaan Alberts voort met sy getuienis.

Die staat gaan indien die tyd dit toelaat kaptein Van Rooyen roep wat die ballistiese forensiese ondersoek hanteer het.

HOU VAALWEEKBLAD SE WEBBLAD DOP VIR MEER BERIGTE DEUR DIE DAG OF VOLG ONS GERUS ONS FACEBOOK-BLAD VAALWEEKBLAD.

FOTO’S: Jannie du Plessis 12 Oktober 2016.

634A9568 (Small)

634A9566 (Small)

634A9567 (Small)

634A9565 (Small)

634A9562 (Small)

634A9561 (Small)

 

 

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button