Ao. Francois Alberts word vandag deur Du Preez se advokaat, Roelof van Wyk gekruisondervra.
09:35 – Adv. Van Wyk vra ao. Alberts of hy insae kan kry op die verslag wat Du Preez gemaak het.
Adv. Van Wyk voer aan dat so toneel net toeganklik vir polisie is en hy wil vasstel of enige ander persoon dalk toegang tot die toneel kon kry wat aan bewysstukke kon vat of dit verskuif.
Ao. Alberts is gevra om ‘n verklaring van ‘n persoon wat ook op die toneel was voor te lees. Volgens die verklaring was hy in Carlia en Phillip se kamer. Regter Hennie de Vos sê dit is onnodig om die verklarings voor te lees, dit kan egter net bevestig word.
Ao. Alberts is ook uitgevra oor Du Preez se skoene en is van mening dat dit buitelug skoene is.
Du Preez het nog ‘n verklaring afgelê en ao. Alberts was nie bewus dat hy dit reeds gedoen het nie. Hulle is na ‘n sentrale plek waar dit stil is. Ao. Alberts sê aan die hof dat Du Preez nie gesê het hy wil nie ‘n verklaring afneem soos die verdediging beweer nie.
Familie van wyle Thea skuld net hul kop terwyl die vrae gevra word.
Adv. Van Wyk vra verder uit oor die bottel was voor die erf was en die plafon en wil weet of dit beskadig was. Ao. Alberts sê ook dat ‘n polisieman gevra het dat die voertuig geskuif moet word sodat hulle onder dit kon kyk en ook foto’s neem.
Adv. Van Wyk stel dat Du Preez nooit gesê het ‘n Nigeriër het hom gedwing om sy familie te skiet nie waarop ao. Alberts bevestig hy het so gesê asook dat een van die inbrekers ‘n wapen gehad het.
Adv. Van Wyk wil verder weer hoekom ao. Alberts nie ‘n fotograaf saamgeneem het toe hy die knaldemper ‘n dag na die moord gaan soek het nie. Ao. Alberts sê hy was nie seker of hy iets sou vind nie. Adv Van Wyk sê aan die hof dat Du Preez vir hom gesê het hy was in sy vrou se kamer toe hy glo sien die ‘dwelmbaas’ steek iets in die kas weg. Adv. Van Wyk wil ook weet hoekom daar nie foto’s van die trui geneem is nie waarop hy antwoord hy wou die item afneem.
10:48 – Ao. Alberts getuig hy het nie ‘n seëlsak by hom gehad nie en ‘n plastiek Checkers-sak is gebruik. Die kanldemper by die kantoor geseël.
10:51 – Die hof verdaag vir tee.



