Lifestyle

In die moeilikheid oor genadedood op die slagveld

Oudsoldaat staar lang tronkstraf in die gesig nadat hy 13 jaar gelede drie kritiek beseerde soldate doodgeskiet het om hulle uit hul lyding te verlos.

Hierdie is nie Vaaldriehoekse nuus nie, maar ons wil graag ons lesers se mening hieroor kry:

‘n Voormalige Britse soldaat, Sers. Colin MacLachlan (42). gaan moontlik nou vervolg word en tronkstraf moet uitdien nadat dit bekend geword het dat hy 13 jaar gelede tydens die oorlog in Irak, 3 Irakse soldate wat kritiek gewond was, doodgeskiet het. Dit was nadat die sterwende soldate op die oorlogsveld gepleit het om uit hul lyding verlos te word. Hoewel hy erken dat hy hulle geskiet het omdat hy hulle jammer gekry het, is sulke optrede onwettig onder die Verenigde Koninkryk se militêre wette en dit druis ook in teen internasionale ooreenkomste soos die Geneevse Konvensie.

Maar wat sê ons lesers…. sou jy dieselfde doen as jy in sy skoene was of sou jy die soldate liewer laat ly totdat hulle self sterf?

Support local journalism

Add vaalweekblad as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button