CommunityLocal newsNewsNews

Du Preez-gesin se hondjie ook dood

VEREENIGING. - Advokaat Van Der Merwe het vanmiddag Rina Fouché as 'n hoor-sê getuie aan die hof voorgestel. Fouché sou getuig oor die stand van sake in die Du Preez-huwelik en wat haar suster, Thea haar vertel het.

Adv. Van Wyk staan egter die getuie teen, want hoor-sé getuies is slegs in sommige gevalle aanvaarbaar in die hof. Hy gee redes waarom hy die aansoek teenstaan, terwyl adv. Van Der Merwe die aansoek verdedig deur dit ‘n getuie is wat die aand voor die moorde met Thea gesels het en dus getuienis is wat deur Thea aan haar suster oorgedra is. Hy verwys na ‘n saak waar ‘n hoor-sé getuie toegelaat is en dat die beskuldigde steeds teen dit wat deur Fouché gesê word kan getuig.

Regter De Vos stel dit dat hoor-sê getuies in die hof gereeld betwyfel word en dat Fouché eerder as karakter-getuie gebruik gaan word.

Advokaat Van Der Merwe vra Fouché uit oor haar suster, Thea. Thea en Fanie was 20 jaar getroud. Hy vra ook uit oor Rex, die Du Preez-gesin se Charpei. Sy is van mening dat die hond geen vreemdeling binne die erf sou toelaat nie en hy het ook nie ‘n gehardloop in die erf geduld nie.

Adv. Van Der Merwe vra uit oor die alarmstelsel en sy bevestig die alarm in die gang was nie aangeskakel nie. Sy noem ook hulle was gestel op sekuriteit.

Sy vertel ook die hof sy het die oggend van die moorde met Du Preez gepraat oor die hond wat rustig was tussen die mense en se noem ook dat Du Preez rustig was en nie gehuil het nie.

Rex is later daardie middag gevat vir genadedood.

634A9517 (Small)

634A0710 (Small)

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button