
Dag 6 Artikel 3 – 17 Oktober 2016
Adv. Van Der Merwe vra uit oor die verklaring wat voor ‘n laddros afgelê is. Volgens ao. Alberts was Du Preez later die middag op 3 Desember by hom in sy kantoor om sy weergawe te vertel. Ao. Alberts het gevra of hy bereid is om ‘n verklaring voor ‘n landdros af te lê, waarop hy ingestem het. Du Preez is deur ao. Alberts gewaarsku dat dit ‘n bekentenis is wat in die hof teen hom gebruik kan word.
Dit was egter te laat om ‘n landdros te reël en ao. Alberts is die volgende oggend na Du Preez, waar hy is aanhouding was, gegaan en het hom gevra of hy steeds bereid is om die verklaring af te lê, waarop hy ‘ja’ geantwoord het. Die verklaring is toe afgelê, maar ao. Alberts was nie teenwoordig nie, want hy was by die lykskouing.
Ao. Alberts getuig verder hy het nie geweet wat Du Preez wou verklaar nie en hy is in geen opsig gedwing of aangerand of voorgesê om bekentenis te maak nie.
Adv. Van Wyk wil weet waarom ao. Alberts die beskuldigde die middag van 3 Desember 2015 uitgeboek het, waarop hy antwoord dit was vir vingerafdrukke. Voor dit het hy vir hom kos en sigarette gegee, want hy het geweet daar is nie voorsiening vir hom gemaak vir kos nie.
Ao. Alberts sê verder hy het aan Du Preez die proses van arrestasie verduidelik en dat hy die Maandag in die hof sou verskyn asook verduidelik oor die borgaansoek en regshulp.
Du Preez het glo nie gevra vir ‘n prokureur nie. Ao. Alberts het gesê hy kan sy ouers skakel, maar hy wou nie.
Du Preez het ook glo gekla oor ‘n klein krapmerkie op sy bors wat hy glo opgedoen het toe hy met die verdagte gestoei het.
Om 14:57 het die hof verdaag.



