
Ao. Francois Alberts het sy plek in die getuiebank ingeneem waarna adv. Van Wyk sy kruisondervraging voortgesit het.
Adv. Van Wyk vra ao. Alberts weer uit oor die prosedure wat tydens Du Preez se inhegtenisname gevolg is. Ao. Alberts se antwoord op meeste van adv. Van Wyk se vrae en stellings is ‘nee’ en ‘dit is nie waar nie’, wat impliseer dat Du Preez nie die waarheid praat nie. Adv. Van Wyk maak stellings wat deur sy kliënt, die beskuldigde, aan hom oorgedra is. Dit is ooglopend dat ao. Alberts geirriteerd raak met die vrae waarmee adv. Van Wyk hom peper.
Daar is egter min mense vandag in die hof.
Adv. Van Wyk het aan die hof voorgelê hoe Du Preez by die selle behandel is en dat hy voetboeie aangehad het en nie sigarette mag inneem nie. Ao. Alberts was nie betrokke by Du Preez toe hy by die selle was nie. Adv. Van Wyk stel aan ao. Alberts dat Du Preez glo gedurende die nag ‘n koppie moes gebruik om te urineer. Ao. Alberts sê hy sal nie weet nie, want hy was nie daar nie.
Regter Hennie De Vos wil weet of daar toiletgeriewe in die selle is, waarop ao. Alberts ‘ja’ sê, maar nie in die sel self nie.
Ao. Alberts getuig hy was die oggend na Du Preez se arrestasie by die selle om te hoor of hy ‘n goeie nagrus gehad het en sy regte verstaan. Du Preez wou steeds ‘n verklaring aflê en is na die hof geneem om ‘n verklaring voor ‘n landdros af te lê.
Van Wyk het geen verdere vrae.
Adv. Van Der Merwe stel aan die hof dat die verklaring wat Du Preez afgelê het hy homself probeer verontskuldig asook dat indien ‘n bekentenis gemaak word dit die ondersoek vergemaklik.
Om 11:02 het ao. Alberts as getuie afgetsaan en die hof het vir tee verdaag.





