CommunityNewsNews

Du Preez getuig in binneverhoor

Let wel: Hierdie artikel is nie in storie vorm nie aangesien dit die werklike weergawe van die verloop in die hof is. Dit mag by tye deurmekaar lyk aangesien die onderwerp van bespreking gedurig in die hof verander.

Let wel: Hierdie artikel is nie in storie vorm nie aangesien dit die werklike weergawe van die verloop in die hof is. Dit mag by tye deurmekaar lyk aangesien die onderwerp van bespreking gedurig in die hof verander.

Du Preez het nie meer voetboeie aan nie.

13:55 – Die hofsitting gaan voort met Fanie du Preez op die getuiebank vir die binneverhoor waar Regter Hennie de Vos dan moet besluit of die bekentenis wat Du Preez voor ‘n landdros afgelê het, in die hofsaak gebruik gaan word al dan nie.

Du Preez het met tye opgewerk geklink en het heeltyd na ao. Alberts vinger gewys en hom op sy noemnaam aangespreek. Hy beweer ao. Alberts het hom mislei om die bekentenis af te lê.

13:48 – Advokaat Van Der Merwe vra Du Preez of hy Jonavan Blom ken en of hy weet hoeveel persone saam met hom in die sel was. Du Preez getuig twee persone was reeds in die sel. Du Preez sê is na hy reeds in die sel was, geboei. Du Preez sê Alberts het vir hom ‘n koppie gegee hoewel ao. Alberts in sy getuienis dit ontken.

Du Preez getuig nou hy kon nie altyd sien of die polisielid elke uur in die sel was. Die kaptein het ook die sel daardie aand besoek, maar Du Preez sê hy dra nie kennis daarvan nie. Adv. Van Der Merwe is van mening dat hy nie weet of iemand wat die sel besoek het sou kon sien sy voete is vasgeboei nie.

Du Preez bevestig dat hy eers die Maandag in die die hof sou verskyn vir borg soos wat ao. Alberts dit aan hom oorgedra het. Adv. Van Der Merwe vra of Du Preez die kwessie van die beloftes aan sy prokureur gestel het waarop Du Preez ‘nee’ antwoord.

14:00 – Adv. Van Der Merwe vra of ao. Alberts dan nie gaaf is nie aangesien hy hom ‘n koeldrank, pastei en sigaret gegee het. Du Preez sê ja, dit hang af wat sy intensies was. Du Preez getuig dat ao. Alberts vir hom gesê het hy moet noem van die handskoene en ander items wat gevind is.

Adv. Van Der Merwe stel dit aan Du Preez dat die getuienis wat hy gegee nie die waarheid is nie en wil weet of hy dit aan sy advokaat genoem het. Du Preez sê hy kan nie onthou of hy dit aan sy prokureur genoem het nie. Adv. Van Der Merwe stel dit aan Du Preez dat die eerste voorsegging op die derde wel in ao. Alberts se kantoor was. Du Preez bevestig dat die bekentenis net aan die borgvorm geheg sou word en Du Preez erken dit was so aan hom gesê.

14:12 – Adv. Van Der Merwe vra Du Preez uit oor die stelling dat ao. Alberts glo gesê het hy moes homself nie was (skoonmaak) nie. Du Preez getuig hy weet nie of hy sy advokaat daarvan gesê het nie.

Adv. Van Der Merwe sê hy het nie.

Die tweede aspek is dat Du Preez gesê het hy kon nie van sy selfoon sy ouers bel nie ook nie van die werksfoon nie. Adv. Van Der Merwe vra hom weer of hy dit aan sy advokaat gesê het. Du Preez sê hy kan nie onthou.

Du Preez getuig dat ao. Alberts vir hom gesê het dat hy geskiet het. Dat hy van kamer na kamer beweeg het en dat hy die .38-rewolwer gebruik het en waar die rowers toegang tot die huis verkry het.

Du Preez getuig ao. Alberts het aan hom die dag van die arrestasie gesê dat hy moet noem die .38-rewolwer het op die vloer in Phillip se kamer geval en Thea se kamer was eerste besoek.

Du Preez sê hy kan nie alles onthou wat gesê is nie. Du Preez bevestig dat ao. Alberts na die bekentenis weer met hom gepraat het.

Adv. Van Der Merwe verwys na gedeeltes in Du Preez se verklaring. Adv. Van Der Merwe raak duidelik omgkrap met Du Preez wat heeltyd verwys dat ao. Alberts hom voorgesê het om van die goed wat in sy verklaring is, ook in die bekentenis te skryf.

Adv. Van Der Merwe vra of  Alberts vir hom gesê het van die vuurwapens in die dak en hy sê ja.

Adv. Van der Merwe stel dit aan Du Preez dat die bewerings teen die ondersoekbeampte nie die waarheid is nie.

Adv. Van der Merwe stel dit aan hom dat hy hierdie bekentenis gemaak het sonder enige invloed. Adv. Van der Merwe en van adv. Wyk het geen verdere vrae nie.

Regter De Vos vra Du Preez uit oor sekere punte in die vraelys van die landdros. Regter De Vos vra of hy die bekentenis afgelê het en gesê het hy het sy vrou en kinders geskiet net om borg te kry. Hy wys hom ook daarop dat hy nie in die vraelys genoem het dat borgtog een van die voordele is nie.

Du Preez word verskoon vir die binneverhoor.

Jonovan Blom sal volgende getuig. Hy was saam met Du Preez in die sel die aand van 3 Desember.

Blom is nie teenwoordig. Hy gaan 10:30 môre getuig.

Die staat behoort more hul saak te sluit en adv. van Wyk Vrydag.

634A0768 (Small)

634A0767 (Small)

634A0766 (Small)

634A0762 (Small)

634A0761 (Small)

634A0763 (Small)

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button