Die gemeenskap is in skok dat mensdom so wreed teenoor ‘n dier kan wees. Die arme hond is boonop gehang waar ieder en elk hom kon sien.
Hier is die boodskap wat deur Leana van die CSF ontvang is:
“Ek was vanoggend op ‘n toneel in CW5 Hallwachstraat wat my woedend het! Moet dankie sê aan Annerie van Crossroads wat my laat weet het van die klagte en Lucinda en Marlien van die SPCA wat vinnig reageer het op my oproep. Dankie ook aan Sektor bestuur SGT wat net so vinnig op die toneel was. Ek was by die brandweer vir ‘n ‘meeting’. Annerie het my gebel en gevra vir hulp. Ek moet asb. die SPCA laat uitkom want ‘n hond hang aan ‘n muur in Hallwachstraat. Die hond was reeds dood, maar met verdere ondersoek het ons agter gekom die hond is gehang en het nie homself gehang nie! WREED!!! Almal ken die veld in Stevensonstraat/ Hallwachstraat in CW5, die ‘drugland’ soos baie dit noem! Wel ek het met die area bestuur van SAP in daai area gepraat en hul het ‘n toestemmings brief om daardie stuk veld skoon te maak en daai geboue te sloop. Maar ons moet nou ons kant bring en ek wil vra dat almal maar almal wat bereid sal wees om te help om daai stuk skoon te maak en ook die wat saam sal stem van alle areas in Vanderbijlpark dan die veld moet skoon kom vanaand by die sektor vergadering sal wees asb. Die vergadering is 18:00 by Hendrik vd Bijl Laerskool, Marconi Straat, CW5. Kom staan saam en laat ons ‘n plan maak met daai stuk grond mense, nou is almal wat hom wil skoon hê se kans om op te staan saam ons”!
Vaalweekblad het nog nie verdere inligting oor die voorval nie.





