CommunityNewsNews

‘Alles is ‘n f***p’ sê Du Preez

Let wel: Hierdie artikel is nie in storie vorm nie, aangesien dit die werklike weergawe van die verloop in die hof is. Dit mag by tye deurmekaar lyk aangesien die onderwerp van bespreking gedurig in die hof verander.

10:15 – Die hof begin later vanoggend as gevolg van die staat se sekretaresse wat van Pretoria af moes reis.

Die verklaring wat Du Preez voor die landdros afgelê het en wat na die binneverhoor deur die hof aanvaar is, word vandag ingelees in die rekords van die hof.

Adv. Van der Merwe lees die verklaring voor aan die hof.

Die eerste gedeelte van die verklaring handel oor Fanie se vorige werk waar hy deurmekaar geraak het met Libanese en dwelmhandel wat hy nie wou doen nie. Hy beweer in die verklaring dat die Libanese hom gereeld gedreig het en van die pad afgetrek het.

Hy verklaar hy het ‘n onwettige vuurwapen bekom wat hy teen die Libanese wou gebruik as die Libanese dalk by sy huis kom. Hy verklaar ook dat hy die .38-rewolwer in ‘n kas weggesteek het om maklik bekombaar te wees as daar probleme opduik.

Hy het aan die bakkie gewerk. Hy verklaar een van die Libanese het onder die motorhuis se deur ingekom. Fanie wou hom skiet. ‘n Ander Libanees het ook ingekom. Hulle het aan hom gesê: “If you want to shoot, we will have to teach you to shoot.”

Die Libanese het hom na die kamer gedwing en gesê hy moet sy vrou skiet. Nadat hy gedwing was om Carlia en Phillip ook te skiet, het hy sy ouers gaan roep en gesê: “Hier is ‘n groot f***p.”

Adv. Van der Merwe het al 15 handgeskrewe bladsye ingelees. Adv. Van Wyk maak een regstelling.

10:33 – Adv. Van der Merwe roep kol. Francois van der Merwe na die getuiebank.

Hy is verbonde aan die Nasionale Misdaad Prosessering-span in Pretoria. Kol. Van der Merwe het tussen 07:00 en 08:00 op die misdaadtoneel aangekom om hulp te verleen. Hy getuig hy het hom eers vergewis van wat gebeur het. Daarna is hy deur die huis. Hy het ‘n leer uit sy voertuig gaan haal en by die motorhuis by die dakluik ingeklim. Hy het twee wapens en twee stelle handskoene gevind ‘n entjie van die gat af. Hy het die items net so gelaat en ‘n lid van die forensiese-span daaroor ingelig. Hy getuig dat teen die tyd wat ao. Sithole die wapens gaan haal het, was sy leer steeds daar.
Adv. Van der Merwe verwys na foto’s en met verwysing na die trapleer vra hy kol. Van der Merwe of die houtleer afgetrek was. Kol. Van der Merwe sê dit was later die dag afgetrek. Hy getuig die leer was styf teen die bakkie.

Adv. Van der Merwe bevestig op foto’s wat hy daardie dag in die dak gesien het. Adv. Van der Merwe bevestig die 360 kamera is op verskeie plekke gebruik. Hy getuig ook dat hy die toneel nie versteur het nie.

Adv. Van der Merwe het geen verdere vrae nie. Adv. Van Wyk vra vir ‘n kort verdaging aangesien hy net die aspekte met Fanie wil bespreek.
10:46 – Die hof verdaag

Adv. Van Wyk verwys na verskeie foto’s en bevestig aspekte met kol. Van der Merwe.

Aspekte soos die leer, die motorhuisdeur, pienk isolasiemateriaal, die handskoene en of die leer kon afsak langs die bakkie, kom ter sprake.
Adv. Van Wyk het geen verdere vrae nie.

Regter de Vos vra kol. Van der Merwe uit oor die herstelwerk aan die bakkie. Kol. Van der Merwe bevestig dat hy nie kan getuig wat presies Du Preez met die voertuig wou doen nie.

Regter De Vos vra uit ook oor die leer en wil weet of die leer sou kon sak indien die voertuig in die motorhuis was.
11:24 – Adv. Van der Merwe roep KC Coertzen, Thea se swaer.

Adv. Van der Merwe vra uit oor die misdaadtoneel die oggend en Coertzen bevestig hulle was ongeveer 04:30 op die toneel. Du Preez het volgens Coertzen in die ryvlak gestaan en Joan, Du Preez se ma, in haar woonstel se deur.

Hy het Du Preez gevra wat gebeur het. “Dis alles ‘n f***p” het Du Preez glo gesê. Joan het toe gesê almal in die huis is dood.

Volgens Coertzen was Du Preez baie kalm. Coertzen het in die huis gegaan, eers na Carlia se kamer. Hy het haar op die bed vol bloed gevind. Daarna is hy na Phillip se kamer waar hy op sy linkersy gelê het. Coertzen het omgedraai en teruggeloop nadat sy moed hom begewe het. Coertzen het getuig in die sitkamer het Du Preez aan die polisieman gesê hy was in die motorhuis en verduidelik hy het doef-doef geluide gehoor. Hy het buite by die skuifdeur ‘n handskoen sien lê, asook ‘n ipad en selfone.

Coertzen getuig dat een van die polisiemanne buite vir hom gesê het hy sien nie enige spore nie. Coertzen is terug in die huis en het Riana, sy vrou, in die gang gekeer om te gaan kyk.

Adv. Van der Merwe verwys na foto’s. Coertzen getuig dat dit die handskoene en items was soos wat hy dit sien lê het. Coertzen getuig ook daar was geen voetspore teen die muur en dit nadat Fanie gesê het hulle is oor die muur.

11:37 – Coertzen bevestig dat hy en sy vrou aan geen item gevat het nie. Adv. Van der Merwe het geen verdere vrae nie.

Adv. Van Wyk vra Coertzen uit oor Du Preez se kleredrag. Hy getuig ook dat hy sy seun gekeer het om in die huis te gaan. Hy getuig ook hy het die verduideliking van Du Preez gehoor wat hy aan die polisie vertel het. Adv. Van Wyk stel dat Coertzen die mense verhoed het om binne die huis in te gaan. Hy vra Coertzen ook of die ligte aan was in die kamers. Coertzen bevestig dat dit aan moes wees. Hy bevestig ook dat hy niks geskop het nie.
Coertzen bevestig ook dat hy ER24 gesien het op die toneel en met een van die dames gepraat het.

Adv. Van Wyk het geen verdere vrae.

Regter De Vos vra of hy alleen buite was. Coertzen getuig dat een hom na buite gevolg het.

Coertzen word verskoon.

Adv. Van der Merwe roep kaptein Riaan Scholtz. Hy is verbonde aan die Springstof Eeenheid in Vereeniging, met 32 jaar diens.

Hy spesialiseer is kruit-oorskot. Kapt. Scholtz verduidelik aan die hof dat dit die oorskot is nadat ‘n vuurwapen afgevuur word. Scholtz verduidelik dat persone wat naby die vuurwapen staan, ook kruit-oorskot op hulself kan kry. Scholtz getuig ook dat die oorskot oorgedra kan word van een persoon na ‘n ander deur byvoorbeeld hand te skud of aan die vuurwapen te vat, aan ander deur handskud of as jy aan die vuurwapen vat.

Adv. Van der Merwe het geen verdere vrae nie.

Adv. Van Wyk bevestig met kapt. Scholtz dat die oorskot na tot twee ander persone oorgedra kan word en aanwesig bly tot ses ure na die tyd.

Adv. Van Wyk het ook geen verdere vrae.

Adv. Van der Merwe vra uit oor sekondêre en tersiêre partikels en daar sal meer oorskot nader as verder van die skoot wees.

Adv. Van der Merwe het geen verdere vrae.

Adv. Van der Merwe sluit die staat se saak.

Adv van Wyk vra dat die saak uitgestel word na Dinsdag, 24 Oktober, waarna Du Preez se kruisverhoor voortgesit sal word.

11:55 – Die hof verdaag.

FOTOS: JANNIE DU PLESSIS – DONDERDAG 20 OKTOBER

634A0790 (Medium)

634A0782 (Medium)

634A0781 (Medium)

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button