CommunityLifestyleNews

Dis Kieriefees in Meyerton – 22 Oktober!

Dis Kieriefees in Meyerton. Moet dit nie misloop nie - kom deel in die pret!

//

Retha Fitchat
MEYERTON. – Huis Meyerton, ‘n tehuis vir bejaardes, hou weer vandag, Saterdag 22 Oktober. hul jaarlikse Kieriefees op die tehuis se terrein in Shippardstraat 32. Toegang is R20 per persoon en kinders onder 12 jaar kom gratis. Hekke open om 09:00.
Die organiseerders beplan ‘n optog deur die dorp vanaf die tehuis – die optog sal om 10:00 begin. Die tehuis se eie “oumas en oupas” het self ingespring met die maak van allerhande handwerkartikels en is self betrokke by die verkope by die stalletjies. Hulle het ook hard geoefen aan hul eie optrede in die tehuis se koor, wat ook ‘n nommertjie op die program gaan lewer.
Inkomste uit die projek word aangewend vir die instandhouding van die tehuis en die oord, wat vir menige van die bejaardes ‘n laaste of enigste tuiste is.
“Die publiek se bydrae en betrokkenheid kan ‘n groot verskil maak in die kwaliteit van ons dienslewering aan ons inwoners,” sê die organiseerders. Nadere besonderhede is beskikbaar by Elanie of Anita by (016) 362 0045.
Foto: Oumas Babs Botha en Anna van Loggerenberg, albei inwoners van Huis Meyerton, sien baie uit na vandag, 22 Oktober, se Kieriefees.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button