Ryno se fratsongeluk – dokters verstom oor sy ‘geluk’
Vaalweekblad se 19 Oktober-uitgawe berig oor 'n 8-jarige seuntjie van Vanderbijlpark se fratsongeluk, toe 'n 5 cm-gedeelte van 'n deurhandvatsel in sy gesig, net onder die linkeroog, ingesteek het. Dokters sê Ryno was uiters gelukkig dat dit nie sy brein deurboor het nie. Sy ouers, Marcel en Jonet van der Westhuizen, glo dit was baie meer as geluk. Hulle weet dit was 'n wonderwerk... Lees Jonet, 'n apteker van Vanderbijlpark, se volledige vertelling oor die skokkende gebeure hier in haar eie woorde.
Deur Jonet van der Westhuizen
6 Oktober 2016. Ongeveer 09h00 die oggend het die kinders in die huis gespeel en Ryno en sy nefie Andre het gehardloop. Ek skreeu nog van die kamer af dat hulle nie moet hardloop nie toe dit alles stil word. Die volgende oomblik kom die twee seuns in my kamer in gehardloop, spierwit geskrik!
Ek sien dadelik Ryno se linker oog is toe en omtrent 1cm onder sy oog sit iets swart. Ek het toe nog glad nie besef wat gebeur het nie. Ek gryp my handsak en sleutels en storm met hom kar toe. In die hardloop beveel ek Andre om sy pa te bel en te se wat gebeur het en dat ek oppad is na hulle toe. My swaer, n oogkundige, en skoonsuster het by my skoonma oornag wat in SE7 bly.
Ons jaag toe daarheen, laai hom op en jaag na Cormed. Hy kyk toe intussen na Ryno se oog en sien dat die ogie gelukkig heel is en reageer.
By Cormed aangekom is ons dadelik ongevalle toe. Daar het ons eers besef dat hy in die deurhandvatsel in geval het, dit het afgebreek en sit vas onder sy oog!!!! Ons is na Dr JD Verwey se spreekkamer langsaan. Hy kon nie glo wat hy sien nie en roep Dr Lategan om ook te kom kyk. Hulle ondersoek hom toe en se dat sy ogie lyk ok maar weet nie van die res nie.
Terug in Cormed ongevalle word Dr Coetzee, oogspesialis, ontbied wat “toevallig” daar is besig met oog operasies. Nie toevallig nie – gestuur! Hy vra toe dadelik ‘n CT scan aan in Emfuleni Mediclinic.
Deur dit alles het Ryno nie een keer gekla van pyn, duiseligheid of sy bewussyn verloor nie. Die wond het nie eers gebloei nie.
Ons ry toe self met Ryno na Mediclinic toe vir die scan. Daar begin die wonder toe aan ons duidelik word.
Die scan toon dat daar ‘n stuk van die handvatsel, ongeveer 5cm, onder sy oog in is en ‘n paar millimeter van sy breinbasis af gestop het. Ongelooflik!! En dit lyk asof die oogsenuwees en oogspiere nie beskadig is nie!
Dr Coetzee bestudeer toe die scan en vra ‘n plaaslike neurochirurg, Dr Bezuidenhout, se opinie. Saam besluit hulle om Ryno eerder oor te plaas na Clinton Hospitaal in Alberton onder die sorg van ‘n ander, hoog aangeskrewe, neurochirurg Dr Wiebo van der Meulen.
Ambulans word gereel en ons gaan Alberton toe.
By Clinton Hospitaal aangekom word Ryno ingewag deur Dr vd Meulen, neurochirurg, en Dr Demopoulos, Paediater en critical care spesialis. Ventilator gereed en almal op “high alert”. Ongelooflik !!
Hy word deeglik ondersoek en in ongeloof word aan my gese dat hulle nog nooit so iets teegekom het nie! Hy is ‘n baie gelukkig seuntjie!
Dr vd Meulen het oop kaart met my gespeel en erken dit gaan n baie moeilike en delikate operasie gaan wees om die handvatsel te verwyder. Dat daar nie bloeding nou is nie is goed maar sodra hulle die handvatsel probeer verwyder kan hy dalk aan die bloei gaan en dit sal baie moeilik wees om die bloeding te stop. Hy gaan eers met n paar kollegas dit bespreek en sal dan met ‘n plan van aksie opkom. Die operasie sal beslis nie dieselfde dag wees nie maar eers moontlik Vrydag.
Intussen word Ryno opgeneem in Paediatriese ICU(PICU) in Clinton Hospitaal. Wat n ongelooflike span mense! Altyd vriendelik en behulpsaam. Werklik gefokus op hul pasiente en doen alles moontlik om die kinders rustig en gemaklik te hou.
Toe Ryno nou eers goed “gesettle” is toe wil hulle vir hom aandete bestel. Sister Tanya vra my toe wat wil hy eet en gee 3 keuses. Ryno le toe heerlik en TV kyk en toe ek hom vra wat hy wil eet toe dink hy so ‘n bietjie en se: “Pannekoek” Ons lag toe lekker vir hom en se dis nie n restaurant nie en hy moet ongelukkig een van die opsies gegee kies.
Later die dag kom sien Dr vd Meulen my. Hy lyk baie ernstig en bekommerd. Hy vertel dat hy die situasie met sy kollegas bespreek het en almal is baie bang om die handvatsel te verwyder. Iemand het toe voorgestel dat die operasie in die Cathlab uitgevoeg word en hulle ‘n angiogram doen tot in Ryno se kop om so te sien of daar enige are is wat moontlik aan die bloei kan gaan en indien wel dan is hulle daar binne om die bloeding te stop. Dis ‘n briljante plan en eintlik die enigste opsie. Al probleem is dat die Cathlab en al die spesialiste wat hy daar wil he eers Saterdag beskikbaar sal wees. . Die risiko wat ons dan gaan he is dat daar ‘n groter kans vir infeksie gaan wees aangesien die operasie eers 48 uur na die ongeluk uitgevoer word. Ek stem toe in dat die operasie Saterdag gedoen kan word.
Dadelik word daar toe met sterk binne-aarse antibiotika begin om infeksie te probeer beveg. Dis met n swaar hart wat ek my seuntjie daardie aand 21h00 moes groet aangesien ons nie in PICU mag oornag nie. Die PICU personeel het gereel dat ek in die dagsaal mag oornag, nie dat daar enigsins geslaap is nie.
Ek was voorbereid om die volgende oggend n klein seuntjie met baie pyn en erg geswelde gesiggie te kry. Maar geensins. Hy het my met n effense glimlaggie gegroet en versigtig sy ontbyt geeet. Dit was wel n gesukkel want hy kon sy mondjie nie groter as praat oopmaak nie en van kou was daar geen sprake nie. Gelukkig het hy ‘n goeie nag se slaap in gekry en was reg vir die wag. Hy was baie terleurgesteld toe ek hom moes vertel dat die operasie eers Saterdag gaan wees want al die beste en slimste dokters kan eers dan hier wees. Hy het dit maar gelate aanvaar en verder TV gekyk.
Gedurende die dag se wag is als in plek gekry vir die volgende dag se operasie. Dit sal 09h30 vir 10h00 wees. Twee eenhede bloed is bestel vir ingeval dit nodig sou wees en die ambulans is gereel vir die vervoer na Union Hospitaal waar die Cathlab is. Daar het n Oor, neus en keel spesialis ons kom sien en ondersoek en Dr vd Meulen was ook n keer of 2 daar gewees. Dan was Dr Linda Doedens amper heeldag in ICU, wat n fantasiese dokter. Sy is n Paedietriese intervenist wat ook n Barragwanath werk. Soveel empatie, geduld en liefde vir kinders het ek lanklaas in n dokter gesien. Sy het net telkemale kopskuddend gese dis ‘n wonderwerk en ongelooflik dat hy so goed doen.
Vrydag nag het ons weer omtrent geen oog toe gemaak nie en het my ma my moed in gepraat en oortuig dat die Here n spesifieke plan het met ons en dat ons net moet glo en vertrou. Ons moet eintlik geeerd voel dat Hy ons gekies het om vir die mensdom te wys daar bestaan nog wonderwerke en dat Hy in beheer is – ALTYD!
Saterdagoggend het ek n baie opgewonde seuntjie in PICU gevind! Hy kon nie wag dat die ystertjie uitgehaal word nie. Daar is met oogdruppels begin wat sy pupille moet dilateer sodat hulle die ogies deeglik kon ondersoek en dophou deur die operasie. Onverklaarbaar het die handvatsel wat eers ongeveer 5mm dieper as die vel was op Donderdag nou omtrent 5mm uit gestoot het! Dit was ook een van die bekommernisse oor hoe om ‘n oordentlike greep te kry op die handvatsel om dit te kan uit trek. Planne is gemaak om epoxy op die ent te sit en dit so te trek, maar nou was dit nie nodig nie. God in beheer!!
Ouma Anci van George het vir hom n “voicenote”gestuur en gese dat hy moet kyk in sy handie sit daar n deurskynende spokie, dit is sy! En sy gaan saam met hom teater toe en so ook Jesus! Sterk wees grootman! Hy het gesmile van oor tot oor en ek het geweet hy weet! Hy is Jesus se kind en Hy laat nooit sy kinders in die steek nie!!!
Teen 09h00 het ER24 daar aangekom om ons Union Hospitaal toe te vat. Alles was in plek. ‘n Bode van Union kom toe daar ingehardloop met die nuus: krag is af en kragopwekker moet eers getoets word voor daar begin kan word! Operasie word met 1 uur uitgestel! Wat ‘n terleurstelling! Ryno was so terleurgesteld dan hy net dikmond bly staar het na bo. Hy het later aan die slaap geraak – gelukkig.
Dr Linda Doedens het die ambulans personeel “omgekoop” met koffie om net daar te bly en vir n uur te wag. Daar het n ander “call” vir hulle ingekom maar sy het die beheerkamer gebel en gesê hulle moet asb iemand anders stuur want die mense gaan nêrens nie.
10h00 het aangebreek en ons was op pad. Ryno kon toe vir die eerste keer sy sussie Carla en niggie Hanlie en nefie Andre weer sien en groet toe hulle hom by PICU uitstoot. By Union Hospitaal is hy dadelik Cathlab toe. Daar het ons vir Dr Hennessy die narkotiseur ontmoet. Sy het hom deeglik ondersoek en ook verduidelik presies wat gedoen gaan word. Dierbare dokter! Sy het my selfoon nommer gevat en belowe om gedurende die operasie my op hoogte te hou. Dr Ismail die Maxillo-Facial spesialis het ook sy voorbereidings gedoen. Dr Dos Ramos die oogspesialis was ook daar en het sy voorbereidings gedoen.
Daar het ek besef dat die kragonderbreking n bestiering was. Almal was aanvanklik kwaad en omgekrap daaroor maar dit het die dokters n kans gegee om weer rustig die hele proses met mekaar te bespreek en rustig te raak. Hulle was reg hiervoor!
Pappa was saam met die dokters in n ander vertrek toe vat ek Ryno en sy sussie Carla se hande en toe bid ons weer dat God tog ons boetietjie sal beskerm en veilig sal hou. Dat Ryno nie bang moet wees nie en sal weet Jesus sit in sy handjie se palm en binne in sy hartjie die hele tyd.
Tyd het aangebreek en ons het gegroet. Hy is 11h00 ingestoot. Nou het die gewag begin maar ek was amper onnatuurlik rustig en kalm. Ek het geweet hy gaan OK wees.
‘n Halfuur later het die oogspesialis, Dr Tony Dos Ramos ons in die koffie winkel kom opsoek. Hy het net kom se die ogie is 100%. Al die groot oogspiere en senuwees is onbeskadig en werk perfek! Wat n wonderwerk! Daar kan dalk klein senuwees wees wat beskadig is maar dit sal net veroorsaak dat hy dalk bietjie skeel kyk en dit kan later reg gemaak word. Ons was verheug maar die ergste was nog nie verby nie. Die handvatsel moet nog uit!
12h00 het Dr Hennessy laat weet:”All going well so far”
‘n Uur later het ek Cathlab toe gegaan – geen nuus is goeie nuus? Net toe kry ek n sms en Dr Hennessy kom uit. Die handvatsel is uit! Geen bloeding!!!! Halleluja!
Dis ‘n absolute wonderwerk! En ons is so geseend! Dankie Jesus!!
Dis net ongelooflik dat die handvatsel kon ingaan en uitgehaal word sonder enige skade. God is werklik almagtig!
Na n rukkie roep hulle my in die Cathlab in want Ryno wil nie stil lê nie en is baie deurmekaar. Ek was so bly om my seuntjie lewendig te sien! Dis ongelooflik. Ek praat toe met hom en probeer hom rustig hou maar hy wil om die dood nie stil lê nie. Agv die angiogram wat deur die hoof aar in sy lies gedoen is moet die been vir 6 ure reguit bly om bloeding te voorkom. Wat n gesukkel! Uiteindelik het hy rustig geword en kon ons terug gaan Clinton Hospitaal toe.
Daar aan gekom omtrent 14h15 was hulle reg vir hom. Sy voetjies is aan mekaar vasgemaak en hy is op sy rug laat lê. Al sy vitals was perfek. En die mannetjie was dors, vreeslik dors! Die sister het vir hom n paar fyn ysblokkies gegee wat hy gretig soos n voëltjie geëet het en toe het hy aan die slaap geraak. Ek kon net sit en kyk vir hom. Blydskap wat nie beskryf kon word nie!
So het hy toe later wakker geword en nog ys geëet tot hulle seker was hy sou nie meer naar word nie. Hy het 17h00 n hele bord kos geëet en omtrent 500ml water gedrink.
Tevrede het hy TV gekyk.
Die suster vra hom toe wat hy more wil eet. Onmiddelik se hy :”Pannekoek” Sy bel toe die hospitaal kombuis en sê vir hulle dat sy ‘n VIP pasiënt het met n spesiale versoek. Hulle stuur toe iemand na PICU toe om die versoek aan te hoor.
Daar verduidelik hy toe mooi aan die kombuis dame dat hy asb 7 pannekoeke wil he, 5 met suiker en kaneel en 2 met niks op die. En sy sê dis 100%….!
21h00 is die kateter verwyder asook die ekstra drip lyne en die druk pleister op die aar in sy lies. Geen bloeding!
Hy kon nie wag vir sy pannekoek die volgende dag nie en klokslag 08h00 stap hulle toe in met sy pannekoek! Die glimlag was van oor tot oor! Dr Linda Doedens het ook ‘n pannekoek gekry wat hy spesiaal vir haar gebêre het. Praat van fantastiese diens!
Sondag het rustig verloop met geen bloeding en geen swelling. Inteendeel het die bietjie swelling wat daar was na die operasie al begin minder word. Dr Demopoulos het hom deeglik ondersoek en gesê dat sy pupille nog steeds gedilateer is so die ander dokters gaan eers Maandag hom kom besoek aangesien hulle glad nie die ogies in dié toestand kon ondersoek nie.
Maandag oggend vroeg het Dr Ismail die Maxillo-facial chirurg weer ‘n CT scan aangevra. Daarop kon hy bepaal of die orbitale bene so gebreek was dat dit weer geopereer moes word en dan wil hy dit sommer dadelik doen! En raai wat? Daar was net ‘n baie klein krakie in die orbit en glad nie op die rand nie, so geen operasie sou nodig wees nie! So hou die wonderwerk nie op nie – dat die handvatsel daarin is en uit en die oogkaste, orbitale rand ens is glad nie gebreek nie! Ongelooflik!
Dr van Meulen het ons ook kom sien en nogsteeds net sy kop geskud en gesê hy kan nog steeds nie glo hoe ongelooflik gelukkig Ryno is nie. Selfs al sou die handvatsel chirurgies daarin gesit moes word sou dit nie met soveel presisie gedoen kon word dat niks skade gekry het nie! Hy was 100% tevrede en ons kon huistoe gaan.
Ons moes net by Dr Dos Ramos se spreekkamers aangaan sodat n volledige toets gedoen kon word op die ogies. En raai wat? Geen skade! Hy het 80% visie in die aangetasde oog wat fantasies is in ag geneem die trauma. Dit sal ook heel waarskynlik verbeter soos alle interne swelling sak. Sy ogies reageer ook perfek en trek glad nie skeef nie. Hy het geen dubbelvisie nie, wat beteken dat nie eers die fyn oogsenuwees beskadig is nie. Alle eer aan God!
Ons kan hieruit stap met die wete dat God in beheer is – altyd! Hy het ons gebruik in Sy meesterplan om die wêreld te wys dat Hy nog steeds wonderwerke doen en ons net op Hom moet vertrou. Wat ‘n eer en voorreg is dit nie! Dankie Here!!
Ek wil ook graag almal bedank vir al hulle gebede. Familie, vriende, kollegas en vriende van vriende. Ek dink dit was soos n koor in die hemel wat Donderdag begin het, almal met dieselfde vesoek…. Bewaar asb vir Ryno. En Hy hét, meer as wat ons aanvanglik gedink het moontlik is. Sonder almal se ondersteuning sou ons beslis nie so kalm kon bly nie! Vriende en familie wat spesiaal hospitaal toe gekom het en geweet het hulle sou nie eers vir Ryno kon sien nie, julle is spesiaal! En my ma wat my konstant moed ingepraat het en verseker het dat alles goed sal uitwerk. Mamma, ek is jou baie dank verskuldig!
Nou gaan ons weer Dinsdag vir Dr Ismail sien wat die steke gaan uithaal en kyk dat alles 100% is. Dr Dos Ramos se afspraak is begin Desember wanneer die ogies weer deeglik getoets word. Maar ek weet dis net prosedure. Ek weet Ryno is geseënd en bedoel vir groot dinge waarvan hierdie, die eerste was…….
Lees ook Vaalweekblad se berig by hierdie skakel:
https://vaalweekblad.com/13180/handvatsel-breek-af-in-seun-se-gesig/





