
12:22 – Adv. Van Wyk vra Du Preez uit oor die verklaring. Du Preez sê dat ao. Alberts hom aangesê het om te noem hy is gedwing om te skiet.
Adv. Van Wyk vra Du Preez uit oor die vuurwapens en Du Preez verduidelik rondom die bewyse wat hy by die polisie ontvang het om die Maverick haelgeweer aan te hou. Hy verduidelik die 9mm- vuurwapen het hy in 2006 gestoor op die skietbaan en Tugela Hardeware het hom gesê dat die vuurwapen nie meer herstel kan word nie.
Hy het toe ‘n ander wapen gekoop, maar het gewag vir die lisensie. Toe hy die wapenlisensie ontvang, was die lisensie uitgereik vir die ou 9mm-vuurwapen wat hy ingehandig het nadat dit onherstelbaar was.
12:38 – Adv. Van Wyk vra uit oor die vervaldatum van die vuurwapen permit. Du Preez beweer die dokument was in die leêr hoewel ao. Alberts op die polisiestelsel geen inligting daaroor gevind het nie.
Du Preez weet nie wat van die lisensies van die vuurwapen van sy oorlede moeder geword het nie. Volgens Du Preez is die ammunisie wat gevind is sy stiefpa sin. Hulle het glo ‘n ruk gelede gaan jag.
Du Preez het die geleentheid gekry om aan die hof te verduidelik wat foutief was met sy bakkie en hy het aan regter De Vos verduidelik wat hy alles moes doen.
Adv. Van Wyk wil weet waarom daar so baie handskoene was. Volgens Du Preez het hy die oranje handskoene gebruik as hy gaan skiet omdat hy gestel was op sy hande en krapmerke. Daar was verskillende handskoene vir verskillende gebruike soos vir tuinwerk en as hy met chemikalië sou werk.
Adv. Van Wyk wil vra uit oor die testament waarna Du Preez die inhoud daarvan bevestig. Hy beweer ook hy het nie geweet van die ander polis wat Thea uitgeneem het nie.
Du Preez getuig verder oor die verhouding van die huisgesin. Thea was nie gelukkig met Carlia se vriend, Brandon, wat gereeld by die Du Preez-gesin oorgeslaap het nie. Carlia was Du Preez se oogappel. Hy wou onder meer vir haar ‘n 120 BMW koop, maar sy wou graag ‘n Hyundai Getz gehad het. Phillip was weer ingestel op duursame items. As Carlia R20 000 wou hê, dan wou Phillip R25 000 hê. Du Preez het ook vir Carlia ‘n kitaar gekoop en betaal sodat sy kitaarlesse kon neem.
Du Preez het ook vir Phillip na ‘n man geneem om vir hom spierbou middels te kry omdat Phillip nog te jonk was om dit eintlik te gebruik.
Du Preez ontken ook nou dat hy geweerskote gehoor het. Hy sê ook die skuifdeur is die enigste deur waardeur die Libanese kon uitgaan.
Adv. Van Wyk vra of Du Preez enige iets wil byvoeg waarop hy antwoord hy is nie ‘happy’ met baie van die goed nie.
Adv. Van Wyk het geen verder vrae vir sy kliënt nie.
Adv. Van der Merwe kom aan die beurt en wil eerste weet watter werk Thea gedoen het. Du Preez antwoord sy was ‘n finansieële bestuurder en het R23 000 per maand verdien.
Adv. Van der Merwe stel dit aan Fanie dat dit onwaarskynlik is dat hy nie van die polis sou weet nie. Hy stel dit ook aan hom dat hy ‘n onskuldige slagoffer was die aand van die moorde en hy het niks anders gedoen as om sy gesin te beskerm nie. Hy wil egter weet wat hulle onder dwang gedoen het en of hy enige sneller van enige vuurwapen daardie aand getrek het.
Adv. Van der Merwe verwys terug na ‘n vorige verklaring waar Du Preez beweer hy is gedwing om te skiet en nou vertel hy die hof hy moes onder dwang daardie verklaring voor ‘n landdros
Adv. Van der Merwe vra of Du Preez vir ao. Alberts vertel het van die Libanese. Du Preez sê hy kan nie onthou watter weergawe wanneer vertel is nie. Du Preez ao. Alberts het gesê as ‘n vuurwapen op jou gerig word is jy onder dwang.
Adv. Van der Merwe sê Alberts het nie in sy getuienis dit genoem nie en het dit ontken toe hy onder kruisverhoor was.
13:00 – Adv. Van der Merwe vra vir verdaging vir etenstyd.
13:52 Adv. Van der Merwe vra of hulle hul baadjies kan uitrek. Regter de Vos vra of hy dan in sy onderbroek voor kan sit.
Almal in die hof lag.
Adv. Van der Merwe vra Du Preez hoekom hy ‘n verklaring afgelê het as hy onder dwang was waarop Du Preez antwoord hy is gedwing om te sê hy was onder dwang om sy gesin te skiet.
Adv. Van der Merwe stel dit aan Du Preez dat hy het die waarheid gepraat toe hy vir ao. Alberts gesê het hy het sy gesin geskiet en eers na die wapens gevind is het hy sy storie verander en beweer ‘n Libanees het dit gedoen.
Adv. Van der Merwe vra Du Preez reguit of hy sy gesin vermoor het en hy antwoord nee. Du Preez het in sy pleitverdudeliking gesê dat sy gesin vermoedelik vermoor is. Adv. Van der Merwe wil egter weet hoekom hy nie destyds al gesê het dit was ‘n Libanees nie.
Adv. Van der Merwe sê hy het die verklaring geteken omdat hy tevrede was met die inhoud. Du Preez sê nou hy was nie tevrede met die inhoud nie. Adv. Van der Merwe vra hoekom het hy die verklaring dan geteken.
Adv. Van der Merwe sê dat in sy verklaring aan Mofokeng het hy gesê hy het skote gehoor en met een vand ie mans gestoei toe ‘n ander een verby hulle handloop by die skuifdeur uit. Hy het ook gesê die man het ‘dreadlocks’ gehad. Adv. Van der Merwe wil weet waarom hy in daardie verklaring praat van swart mans en nou is dit skielik Libanese..
Adv. Van der Merwe stel dit aan Fanie dat sy eerste verklaring aan ao. Alberts het hy gesê na hy die geluide gehoor het het hy die nie-blanke man in die gang gekry hulle het gestoei en die man het weggehardloop. Du Preez beaam dit.
14:13 – Adv. Van der Merwe sê daar is teenstellings. In Mofokeng se verklaring praat hy van twee nie-blanke mans. In ao. Alberts se verklaring maak hy slegs melding van een nie-blanke man.
Adv. Van der Merwe stel dit aan Du Preez dat sy weergawe wat hy vandag in die hof gegee het nie dieselfde is as een van sy vorige drie verklarings nie. Du Preez sê hy weet self nie. Hy was deurmekaar daardie dag. Volgens Du Preez lieg ao. Alberts as hy sê hy het die verklaring weer gelees.
Adv. Van der Merwe stel dit aan Fanie dat hy opsetlik die verklarings verander het om die polisie te mislei.
Adv. Van der Merwe beweeg na wat Du Preez vandag in die hof verklaar het. Du Preez getuig daar was twee Libanese. Adv. Van der Merwe vra hom uit oor die Libanees wat hom in die huis vergesel het. Toe hy oor die kop geslaan is. Du Preez getuig hy weet nie hoe lank hy uit was nie (bewusteloos), maar terwyl hy wakker geword het, het hy skote gehoor van die gang se kant af. Hy sê hy het nie gesien wie geskiet het nie.
Adv. Van der Merwe vra uit oor die 9mm-pistool wat in die kas in die slaapkamer was. Die ander vuurwapens was in die kluis en die .38-rewolwer in die motorhuis.
Adv. Van der Merwe wil weet wanneer die aanvaller die 9mm-pistool in die hande gekry het. Du Preez sê hy weet nie, want hy het eers agtergekom die vuurwapen is weg toe hy na die voorval dit gaan soek het.
Adv. Van der Merwe stel dat die Libanese dan in die huis gegaan het, die vuurwapens gaan kry het, geweet het waar dit was en die moorde daarmee gepleeg het. Adv. Van der Merwe maak ook die stellings dat Thea in die kamer was toe die Libanese dan die viirwapen uit die kas gaan haal het.
Adv. Van der Merwe wil weet hoe hulle sou weet waar die vuurwapen is. Du Preez meen as sy gordyne oop is sou hulle kon sien waar hy die vuurwapen bêre. Adv. Van der Merwe sê die hond sou hulle gehoor het.
Adv. Van der Merwe stel dit dat nadat die Libanese sy gesin vermoor het, het hulle die vuurwapens in die dak van die motorhuis gaan wegsteek.
Adv. Van der Merwe vra hoe sou hulle dan in die plafon inkom. Hy stel dit ook aan Du Preez dat dit hulle tyd sal vat om die wapens weg te steek.
Adv. Van der Merwe stel dat hulle dan daarna die goed buite gaan pak het. Du Preez sê dit kon net hulle wees wat die goed buite op die nat gras gaan gooi het. Van der Merwe sê dat hulle dan baie tyd gehad het om die vuurwapens weg te steek en goed buite te laat val. Adv. Van der Merwe vra hoekom die Libanese nie hulle eie wapens gebruik het nie. Du Preez sê hy weet nie.
Adv. Van der Merwe wil weet wat Du Preez vir die onwettige vuurwapen betaal het wat hy gekoop het. Du Preeez sê R1 000 sonder amminisie. vra Hy het hom ook nie getoets nie, want dit was agter sy bakkie se sitplek.
Adv. Van der Merwe vra uit oor die oliefilter. Hy getuig hy het op Youtube gesien hoe om een te maak, want Thea het gekla die vuurwapen raas te veel.
Du Preez sê die dag voor die moord het hy en Thea die wapen gaan toets. Hy het twee skote geskiet, sy nie. Hy het die .38-rewolwer in die motorhuis gaan sit en die 9mm-pistool vir Thea gegee. Thea het hom ook glo gehelp om die kussing om die vuurwapen te draai.
Adv. Van der Merwe vra verder uit oor sy bewustheid oor veiligheid. Hy sê die vuurwapen het dan in die motorhuis gelê en hoe kan hy sulke onsin aan die landdros vertel.
Du Preez sê hy het die paragraaf uit sy duim gesuig.
Adv. Van der Merwe vra waarom hy 03:00 in die motorhuis werk. Hy weet ook nie hoe die Libanese in die perseel gekom het nie en hy moes vir hulle dwlms rondry.
Du Preez vertel hy kan nie eers alles onthou wat hulle vereis het nie. Adv. Van der Merwe sê aan Du Preez dit is omdat dit nie die waarheid is nie.
Du Preez noem ook hy het nie vir Thea gesê daar is booswigte agter hom toe hy in die kamer was nie.
Adv. Van der Merwe stel dit dat hy sy vrou en kinders koelbloedig doodgeskiet het. Du Preez sê hy het nie.
Adv. Van der Merwe vra Du Preez waarom hulle kamer toe is waarop hy antwoord die Libanese het hom daarheen gedwing.
Regter De Vos wil weet wat die Libanese daaruit sou baat om sy vrou en kinders dood te maak waarop Du Preez antwoord dat hy nie weet of hulle hom dalk bang wou maak nie. Regter de Vos vra waarom hy dan nie kans gevat het om hulle te skiet toe hulle hom gedwing het nie.
Adv. Van der Merwe wil weet waarom hy hulle nie geskiet het die tweede keer toe hulle by die huis in is nie. Hy stel dat dit nie gebeur het nie, want hy (Du Preez) het self sy vrou en kinders geskiet. Du Preez antwoord weer hy het nie.
Adv. Van der Merwe meen Du Preez was dus die enigste ooggetuie op die toneel en wil weet waarom hulle hom nie geskiet hett nie. Du Preez sê hy weet nie.
Regter De Vos vra hoekom het hy nie voorheen gesê hulle het hom oor die kop geslaan. Du Preez sê hy was deurmekaar.
15:25 Die hof verdaag.











