CommunityEntertainmentNews

Dié naweek hou ons makietie

MEYERTON. - Die tyd vir die Eureka Vaal Ster-fees het uiteindelik aangebreek. ‘n Vol program wag op feesgangers vir die naweek van 28 en 29 Oktober.

//

Die hoogtepunt sal wees wanneer die talentvolle Theuns Jordaan Vrydag sy plek agter die mikrofoon inneem, terwyl jy Saterdag lekker kan skoffel as Chané Valentine en Brendan Peyper optree.
Wat die stalletjies betref, sal daar iets wees vir elkeen se smaak en om die hongerpyne te stil, ‘n groot verskeidenheid kosstalletjies.
Nuwe sangtalent soos Lorrinde Smith, Deon, Peet Slabbert, Ruan Tennant, Verona Goslett en Courage Dear Heart gaan ook tydens die fees hul ‘stem dik maak’. “Dit is gaan beslis ‘n fees wees om nie te mis nie,” sê Santie van Tonder, organiseerder van die Eureka Vaal Ster-fees.
Op die program is ook ‘n vertoning deur die K9 Honde Eenheid, helikopter flips en vir die jongklomp of die wat steeds jonk van gees is, ‘n mallemeule en springkastele. Die motoruitstallings en gehalte kunsmark sal jou hoogste verwagtinge oortref. Die koste beloop R60 per persoon en kinders onder ses kan gratis ingaan.
Die hekke open Vrydag om 13:00 tot 22:00 en Saterdag om 09:00 tot 22:00.
Die program is as volg:
Vrydag:
15:00 – Ruan Tennant
16:00 – Deon Veldman
17:00 – Lorrindé Smit
18:00 – Ricky Faber & Band
19:00 – Theuns Jordaan
Tjiff en Tjaff sal vanaf 15:15 kom hallo sê en foto’s saam met die kinders neem.
Saterdag: 
09:30 – Mej. Midvaal – Manifest Modelskool
10:30 – Vertoning deur Midvaal Brandweer
12:00 – SAPS – K9 Honde Eenheid
13:15 – Sky Divers
14:00 – Reinhardt & Karin in Harmonie
15:00 – Mariloé
16:00 – Verona Gosslett
17:00 – Peet Slabbert
18:00 – Courage Dear Heart
19:00 – Chané Valentine
20:00 – Brendan Peyper
Die Eureka Vaal Ster-fees is een van Eurekaskool se fondsinsamelingsprojekte vir die jaar en almal word genooi om dit ‘n onvergeetlike naweek te maak.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button