
Let wel: Hierdie artikel is nie in storie vorm nie aangesien dit die werklike weergawe van die verloop in die hof is. Dit mag by tye deurmekaar lyk aangesien die onderwerp van bespreking gedurig in die hof verander.
11:00 Die hof verrigtinge begin.
Vandag lewer advokaat Erik van der Merwe wat vir die staat optree en advokaat Roelof van Wyk wat namens die beskuldigde, Fanie du Preez, optree hul betoë in die Streeks Hooggeregshof in Vereeniging.
Adv. Van der Merwe stel aan die hof dat die staat se saak onteenseglik bewyse gelewer het dat die beskuldigde skuldig is aan die moorde.
Volgens adv. Van der Merwe was daar weersprekings in die saak aan die kant van die staat, maar dat dit geen invloed gehad het op die uitslag nie.
Adv. Van der Merwe sê dat Stefan Venter se getuienis baie belangrik was. Die feit dat hy getuig het dat Du Preez gedwing was om dit te doen.
Hy stel dit ook aan die hof dat Du Preez die enigste oorlewende was. As hy in al sy weergawes ooreengestem het was dit nog aanvaarbaar. Adv. Van der Merwe sê dat Du Preez tydens sy getuienis arrogant was, vingers gewys het na ao. Alberts en die feit dat sy weergawes verskil het van mekaar.
Adv. Van der Merwe sê dat die DNA onteenseglik bewys dat Du Preez direk betrokke was by die moorde. Hy verwys na die handskoene, wat wel die van Du Preez was, maar dat die bloed onteenseglike bewyse was.
Adv. Van der Merwe verwys na die vier weergawes wat Du Preez in drie verklarings en in een direkte getuienis in die hof wat verskil van mekaar. Veral die weergawe wat in die hof voorgelê is waarin hy toe beweer hy is oor die kop geslaan.
Du Preez het geen aanduidings gegee die dag op die toneel dat hy oor die kop geslaan is nie en eers later met die stories gekom asook die van die Nigeriërs wat ingebreek het. Later in die derde weergawe het dit verander na Libanese wat hom gedwing het om hulle te skiet. 10 Dae later in die verhoor getuig hy eers dat hy deur die Libanese platgeslaan is en uit (bewusteloos) was vir ‘n tyd. Toe hy bykom het hy skote gehoor en na ondersoek gesien sy gesin is uitgewis.
Adv. Van der Merwe dui ook op die feit dat Du Preez vir sy moeder vertel het dat dit ‘n huisroof was, dieselfde getuienis was wat sy moeder gegee het. Adv. Van der Merwe dui daarop dat sy eie getuies sy getuienis weerspreek het.
11:16 – Adv. Van der Merwe dui daarop dat sy laaste weergawe dat die Libanese sy gesin geskiet het is absurd. Hy dui ook daarop dat as die weergawe korrek is, het die Libanese heelwat moeite gedoen om die huis te besoek laat die aand. Die vraag wat adv. Van der Merwe dan vra is: “hoekom sou hulle dan daardie tyd van die nag besoek”. Adv. Van der Merwe dui ook daarop dat die 9mm-pistool in die hangkas in die hoofslaapkamer was. Die Libanese moes dan deur die huis verby Thea gestap het en die vuurwapen in die kamer gaan haal. Adv. Van der Merwe sê dis heel onwaarskynlik. Dit terwyl hulle self wapens gehad het. Adv. Van der Merwe vra: “hoe sou hulle geweet het van die wapens en waar dit was?”.
Adv. Van Der Merwe verduidelik dat die onstekingsresudie (OR) wys op beide paar handskoene en dat die Libanese moes geweet het die handskoene is agter die sitplek van die bakkie. Adv. Van der Merwe dui aan dat die verdediging op die swart paar handskoene nie kon bewys waar en hoe die OR daarop gekom het nie.
Adv. Van der Merwe verwys na die baadjie wat DNA van Du Preez bevat asook die bloed van Thea. Adv. Van der Merwe sê dat dit absurd is en geen sin maak dat die Libanese die vuurwapen agter die bakkie sou gaan uithaal en na die moorde dit weer agter die deur sou gaan wegsteek nie. Adv. Van der Merwe wys ook daarop dat dit onwaarskynlik is dat die Libanese na die moorde hulle tyd sou gebruik het om die wapens bo in die dak te gaan wegsteek. “Dit grens aan uiterste absurdheid,” sê adv. Van der Merwe.
Hy verwys na die tablette, beursies en selfone: Hy sê aan die hof dat dit dan nie die intensies van die Libanese sou wees om items te steel, wapens te los maar eerder Du Preez wou oortuig om vir hulle te werk. Adv. Van der Merwe verwys na die kussing en olifilter wat die volgende dag in die kas gevind is. Du Preez was oor die kop geslaan en nou vertel hy, hy het gesien die Libanese sit die olifilter in die kas.
11:30 – Adv. Van der Merwe vra verder dat die hof ao. Alberts se getuienis onwoorwaardelik sal aanvaar. Hy verwys na die trapleer en sê dat dit nie saak maak hoe hulle in die dak gekom het nie. Die vuurwapens en handskoene is daar gevind. Du Preez het getuig hy twyfel self of die leer sou kon sak al dan nie. Adv. Van der Merwe vertel die hof dat Du Preez se stiefpa Koos, self getuig het dat die leer dalk kon afsak. Hy stel dit dat die Libanese onwaarskynlik die bewystukke agter sou laat. Adv. Van der Merwe betoog dat geen van die getuienis van Du Preez aanvaar kan word nie. Al Du Preez se weergawes weerspreek mekaar, maar dat sy eie getuie, Jaco van Wyngaardt, die eerste weergawe van du Preez beaam.
Adv. Van der Merwe stel dit weer dat die ondersoekbeampte ao. Alberts se getuienis waar is. Adv. Van der Merwe sluit af dat Jaco, sy stiefpa Koos en sy moeder Joan, Du Preez se saak geensins gehelp het nie. Hy sê dat Joan se verklaring en die verklaring wat aan ao. Alberts gemaak is ooreenstem en dat dit die waarheid moet wees. Adv. Van der Merwe sê dat Joan ook getuig het Du Preez het ‘n verhouding gehad het en dat dit die staat se saak eerder versterk. Adv Van der Merwe dui op die gaatjie in die venster en die bottels in die straat en meen dit maak geensins verskil aan hierdie saak nie. Adv. Van der Merwe sê die getuienis is oorweldigend en die feit dat nie enige van die verklarings ‘n verskil sal maak.
Adv. Van der Merwe versoek ook dat die hof sal sien dat Du Preez sy familie vermoor het sonder dat Du Preez die motief van die moorde aan die hof bekend gemaak het.
Adv. van der Merwe stel in sy submissie dat:
- Du Preez die moorde vooraf baie mooi beplan het.
- Die onwettige vuurwapen bekom en toe later die ander wapen gebruik het.
- Die getuienis dui direk op hoe die wapens afgevuur is en hoeveel skote.
- Du Preez het toe tyd gehad om die bewystukke te gaan wegsteek.
- Hy het ook die artikels buite gaan rondstrooi asof dit lyk of dit ‘n rooftog was. Adv. Van der Merwe sê dat Du Preez dit daar gaan neersit het om sy eie alibi te skep.
- van der Merwe sê ook dat du Preez daarna sy familie geroep het en die res laat kom het na die toneel.
Adv. Van der Merwe versoek dat Du Preez skuldig bevind sal word vir die beplande moorde op drie van sy familielede.
Dat hy opsetlik verskillende verklarings gemaak het en skuldig is aan regsverydeling.
Dat hy skuldig bevind moet word op die onwettige besit van die vuurwapens wat Du Preez reeds skuldig op gepleit het. Dat hy altwee wapens afgevuur het en skuldig sal wees vir altwee wapens. Adv. Van der Merwe sê dat Du Preez ook eintlik vir die besit van die haelgeweer gestraf behoort te word, maar dat hy bereid is om dit te laat vaar.
Du Preez moet oo skuldig bevind word vir die besit van onwettige ammunisie.
Regter De Vos vra uit oor die beweerde hou wat Du Preez oor die kop gekry het en daar word bevestig daar geen getuienis was wat oor die hou oor die kop getuig het nie. Joan het dit doelbewus as getuinis voorgelê. Adv. Van der Merwe dui daarop dat die beserings dalk doelbewus beplan is.
Regter De Vos vra adv. Van der Merwe uit oor die bloedspatsel op Du Preez en hoe waarskynlik dit daar sou gekom het as Du Preez dalk daarna die oorledenes hanteer het.
Adv. Van der Merwe dui daarop dat dit duidelik is Du Preez geen poging aangewend het om sy gesin te red nie.
Regter De Vos vra adv. Van der Merwe oor die verduideliking van Du Preez dat hy die hou oor die kop nie met sy ouers bespreek het nie, hoewel Joan daaroor getuig het. Regter De Vos vra ook uit oor die baadjie en waar die tweede vuurwapen sou wees. Dit sou waarskynlik in sy baadjie se sak gewees het nadat daar bevestig was dat daar twee sakke was.
Regter De Vos sê dat die DNA op die maskeerband diè van Du Preez is en dat daar geen verdere verduideliking was.
Adv. Van der Merwe staan vir eers af.
Adv. Van Wyk sê dat volgens hom het Du Preez ‘n volledige verduidelikg gegee het oor hoe hy die maskeerband om die kussing gedraai het.
Regter De Vos sê hy wag al lank vir die vraag en vra adv. Van Wyk: “wie wou hy skiet met die kussing en oliefilter”? Adv Van Wyk sê Du Preez wou nie die familie wakker maak nie en verduidelik dat Thea se ore sensitief was vir die harde knalgeluid van die vuurwapen.
Regter De Vos sê aan adv. Van Wyk: “het jy al ooit so ‘n storie gehoor?”. Regter De Vos sê dat mens juis jou familie bewus wou maak sodat hulle kan help of hulp kry Adv. Van Wyk staaf dit deur wat Du Preez getuig het. Regter De Vos vra adv. Van Wyk of dit die beste rede is wat hy kan gee.
Adv. Van Wyk sê dat die klagstaat verwys na die twee verklarings en nie ‘n affidavit (beëdigde verklaring) is soos aangedui word nie. so ook die tweede verklaring. Adv. Van Wyk betwis dat dit dalk nie regsverydeling is nie, maar eerder myneed en dat Jaco van Wyngaardt wel getuig het dat Du Preez nie die verklaring wou aflê nie. Regter De Vos dui daarop dat dit ‘n getuienis ‘n verklaring is. Regter De Vos sê dat die verklarings bly staan en of dit onder eed was of nie dit was aanvaar en nie betwis nie. Die dispuut gaan oor of die verklarings wat Du Preez benadeel en dat dit nie betwis is nie. “Dis reeds aanvaar en nie betwis”, antwoord regter De Vos.
Adv. Van Wyk laat vaar die betoog oor die verklarings.
Adv. Van Wyk stel dat die rede hoekom Du Preez in die een verklaring gesê het dit was ‘n huisroof is omdat sy wapens weg was. Adv. van Wyk laat vaar die betoog.
Adv. Van Wyk merk op oor die haelgeweer dat Du Preez wel aansoek gedoen het vir die haelgeweer en dat daar bewyse was. Die despuut was egter dat die staat bewys het hy het net dokument bewyse gehad het tot 2012. Die punt wat adv. Van Wyk betoog is dat daar aansoekdokumente was vir die haelgeweer, maar Du Preez was toe in aanhouding en die aansoek kon uitvoer word nie.
Adv. Van Wyk vra dat regter De Vos dit sal aanvaar en nie sal vervolg op die klag.
Adv. Van Wyk stel dat dit reg sal wees as Du Preez vervolg sal word vir die gebruik en besit van die .38-haelgeweer aangesien Du Preez dit in sy een verklaring getuig het en die staat sal beslis dat Du Preez wel die skote afgevuur het met die wapen.
Op die twee jaggeweer patrone gaan die staat egter nie nie vervolg.
Adv. Van Wyk stel dat daar nie ‘n geskil was dat die vuurwapens verbind is met die moorde.
“Die enigste vraag was dat: “was dit du Preez of die Libanese”, sê adv. Van Wyk.
Die skote word uitgeklaar.
Drie skote op Thea (een mis).
Vier op Phillip (een mis en een in die oliefilter gevind).
Ses in Carlia se kamer.
13 Skote in totaal.
Adv. Van Wyk betoog as Du Preez dan die skut was hoekom was buskruit oorskot (OR) negatief. Adv. Van Wyk betoog ook dat die handskoene was Du Preez sin en dat sy DNA noodwendig op dit sou wees. Adv. Van Wyk betoog ook dat die baadjie was nie getoets vir OR. Die wapens was op die maseerblad neergesit en die foto’s het gewys die OR apparaat en die wapens is op dieselfde plek getoets vir OR en dat die OR oorgedra kon wees soos vorige getuienis dit aan die hof meegedeel het.
Adv. van Wyk verwys na die DNA.
Hy verwys na die volgende aspekte in sy betoog.
1 Die bloed van Thea op die knaldemper nie ‘n bewys was dat Du Preez die skote afgevuur het nie en dat die vuurwapen deur iemand anders afgevuur kon word en dit Thea se bloed sou kon agtergelaat.
2 Regter De Vos dui aan adv. Van Wyk dat Du Preez getuig het hy het die kasdeur gehoor. “hoe sou du Preez geweet het dat dit presies die knaldemper was wat daar gebêre is?” vra regter De Vos aan adv. Van Wyk.
Intussen steek Fanie Du Preez sy hand op in die hof waar hy in die beskuldigde bank sit. Hy word egter nie raakgesien nie en die hof gaan voort.
3 Adv. Van Wyk verwys verder na die twee druppels bloed op Du Preez se kouse. Hy verduidelik dat du Preez die laken afgetrek het en dat dit die bloedspatsels sou kon veroorsaak.
- Adv. Van Wyk verwys na die baadjie en betoog dat die baadjie in die motorhuis gevind is.
- Adv. Van Wyk beweer dat Du Preez die baadjie ook sou weggesteek het in die dak of binne in ‘n krat in die motorhuis as hy die moorde gepleeg het.
6 Adv. Van Wyk verwys ook na die twee handskoene en vra dat die staat dit nie verder sal neem dat Du Preez die skieter was nie.
7 Adv. Van Wyk verwys na die bloed van Phillip en dat die bloedkol op die kant van die kous was. Du Preez was van mening dat die bloed ten tye van sy aanraking met Phillip daar kon kom. Adv. van Wyk betoog dat Du Preez sê dat Phillip soms du Preez se skoene gedra het.
8 Adv. Van Wyk meen dat by wyse van die verklarings dat daar nie afleiding daaruit kon gemaak het dat Du Preez die skieter was nie.
9 Adv. Van Wyk sê dat daar wel kontaminasie van die toneel kon gewees het. Hy wys ook oor die kronologiese volgorde van die foto’s.
10 Adv. van Wyk betwyfel ook die posisies van die lyke.
11 Met die ballistiese getuienis verwys adv. Van Wyk na vrae wat volgens hom nie geantwoord is nie. Waar die skieter sou wees met die fatale skote? Wel dat die skieter in die deur gestaan het en dat Phillip wel gestaan het of op die bed gesit het. Hy beweer dat die wond aan die verkeerde kant van die kop sou gewees het.
12 Adv. Van Wyk verwys na die rondte wat Phillip gedood het en nie op die toneel gevind is nie. Volgens adv. Van Wyk het kol. Van der Merwe glad nie die projektiel gevind nie en dat dit dalk iemand anders getref het.
13 Adv. Van Wyk verwys na die staat se getuienis dat Du Preez die skieter was en dat hy die staat se weergawe betwyfel.
14 Adv. Van Wyk is van mening dat volgens hom was die getuie geloofwaardig. Of hy die misdaad gepleeg het of nie.
12:56 – Die hof verdaag vir 5 minute.
13:03 – Adv. Van Wyk verwys na die brief wat Joan gekry het nadat ao. Alberts dit agtergelaat het. Op die nota was die volgende aantekeninge:
Oranje handskoen by bakkie.
Toolbox nog ‘n Blackberry selfoon
Garage staalkas no 3 kas filter kussing
Adv. Van Wyk betoog en sê dat dit nie verwys na Phillip se kamer nie.
Regter De Vos verwys na die getuienis van die deur wat toeklap en dat Du Preez gereken het dat die knaldemper daar is.
Adv. Van Wyk sê dat Du Preez wou gehad het hulle moes bloed trek. Regter De Vos noem dat Du Preez getuig het hy het drie weke voor die voorval iets gebruik. Adv. Van Wyk betoog dat Du Preez getuig het hy was deurmekaar die dag. Regter De Vos wys adv. Van Wyk egter daarop dat Du Preez aan sy voertuig gewerk het en kognitief geweet het wat hy gedoen het. Regter De Vos maak die stelling dat Du Preez nie geslaap het die nag nie. Adv. Van Wyk beaam dit.
Adv. Van Wyk betoog dan dat die staat se getuienis teenoor die feit dat Du Preez die skieter was nie, nie waar is nie. Adv. Van der Merwe sê die staat se saak berus nie net op omstandigheids getuienis nie.
Adv. Van der Merwe noem aan die verdediging dat Du Preez verwys het na die kussing en oliefilter in die kas. Hy verweer ook dat die doppie wat nie gevind kon word dalk in Phillip se kas tussen klere beland het aangesien die kasdeur oopgestaan het of dalk by die venster uit was as dit oopgestaan het.
Adv. Van der Merwe verweer ook dat die bloed van Phillip en Thea op die kous gevind is en die van Phillip op Du Preez se skoen. Dan ook dat Thea se bloed op die baadjie gevind is. Adv. Van der Merwe raak die saak van regsverydeling is die hof en staat nie verbonde aan die klag nie.
Adv. Van der Merwe sê dat een verklaring alreeds dui op regsverydeling.
Adv. Van der Merwe dui daarop dat Jaco net gesê het “ek voel nie lekker” en nie dat hy nie gereed is om verklaring te maak nie. Adv. Van der Merwe dui daarop dat ao. Alberts se getuienis moet aanvaar word. Adv Van der Merwe verwys daarna dat die feit dat du Preez sê dat hy onder dwang geskiet het, nie deur Du Preez verduidelik kon word hoekom hy nie sy gesin ten alle koste sou beskerm nie. Adv. Van der Merwe sê aan die hof met alle respek dat hy nou nog nie weet wat Du Preez se verduideliking van die dwang skietery was.
13:30 – Die saak word uitgestel na Dinsdag 1 November om 10:00 vir uitspraak deur regter Hennie de Vos waarna daar op ‘n datum besluit sal word vir vonnis.



















