CommunityNewsNews

Hond gehang in VDBP – UPDATE

VANDERBIJLPARK. - ‘n Dooie hond wat aan die buitekant van ‘n betonheining van ‘n woning in Halwachtstraat by die Stevenson-parkie gehang, het inwoners van die omgewing en Facebook-aanhangers woedend oor die onmenslike manier waarop die dier dood is of moontlik doodgemaak is.

//

Dié gru-vonds is op Saterdag, 22 Oktober gemaak toe Anneri du Plessis van Crossroads daar verbygery het en een van haar passasiers die hond gesien het.
Die polisie en DBV is ontbied en die eienaar van die huis, mnr. Mofokeng is ook deur die polisie na die huis ontbied.
Die hond het ‘n ketting om sy nek gehad waar hy halfpad na onder gehang het.
Die DBV het met ‘n nadoodse ondersoek bevind dat die hond se nek gebreek is, wat die vermoede laat bestaan dat hy nog geleef het toe hy daar gehang is.
Anneri het ook bloed op die toneel gesien wat die vermoede laat bestaan dat hy iemand moontlik kon gebyt het.
Volgens Anneri was die ketting netjies om een van die pilare van die omheining gedraai. Sy het ook aan Vaalweekblad gesê dat die hond nie in ‘n baie goeie toestand was nie.
Volgens Lucinda Visser van die DBV vermoed hulle egter dat die hond al verskeie kere heen en weer oor die muur gespring het en toe self in die penarie beland het.
Krapmerke teen die muur en bloed aan sy naels bevestig moontlik dié teorie.
Bure het ook bevestig dat die hond soms oorgespring het
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button