CommunityNewsNews

Tragedie wag by Ascot-brug

VANDERBIJLPARK. - Verskeie voertuigbotsings het die afgelope maande op die Ascot-brug oor die Vaalrivier, digby die Noordwes-Universiteit se Vaaldriehoekkampus, voorgekom.

//

“Van die openinge in die betonreling is nou reeds so groot dat ‘n voertuig met die volgende botsing daardeur gaan ry en in die rivier gaan val,” sê ‘n bekommerde motoris.
Een van minstens drie groot gevaarsones op die Ascot-brug, waar die betonreling gedeeltelik afwesig is weens skade deur botsings. Motoriste wat by Vaalweekblad oor die situasie beswaar gemaak het, sê dit is net 'n kwessie van tyd voordat 'n voertuig hierdeur ry en in die Vaalrivier beland. Foto: Peet Schabort
Een van minstens drie groot gevaarsones op die Ascot-brug, waar die betonreling gedeeltelik afwesig is weens skade deur botsings. Motoriste wat by Vaalweekblad oor die situasie beswaar gemaak het, sê dit is net ‘n kwessie van tyd voordat ‘n voertuig hierdeur ry en in die Vaalrivier beland. Foto: Peet Schabort
Die brug word ook gereeld deur voetgangers, dikwels ma’s met jong kinders, gebruik. Dit is ‘n tragedie wat wag om te gebeur, sê nog ‘n Vaalweekblad-leser wat oor die brug se toestand gekla het. Dit is veral na skemer baie gevaarlik omdat voetgangers in die donker nie mooi kan sien waar die relings staan en waar dit afwesig is nie.
Vaalweekblad het die afgelope weke herhaaldelik by plaaslike munisipaliteite sowel as by die betrokke provinsiale owerhede navraag gedoen om te verneem wie verantwoordelik is vir die herstel van die brugreling.
Die bestuurder van die Isuzu-bakkie isin die ongeluk beseer.
Die bestuurder van die Isuzu-bakkie isin die ongeluk beseer.
Aangesien die brug ‘n verbinding tussen Gauteng en die Vrystaat is, weet die owerhede blykbaar self nie watter provinsie of munisipaliteit dit moet herstel nie. Vaalweekblad het weer skriftelike versoeke aan al die moontlike betrokke owerhede gestuur en sal in die koerant terugvoer gee sodra ons antwoorde ontvang.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button