CommunityNewsNews

Is Du Preez skuldig of onskuldig?

VEREENIGING. - Regter Hennie de Vos het vandag in die streeks-hooggeregshof in Vereeniging uitpraak oor die Fanie Du Preez-hofsaak gelewer. 

Du Preez het tereggestaan op drie aanklagtes van moord, twee aanklagtes vir die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie en een aanklagte vir regsverydeling.

Regter De Vos het Du Preez  se laaste weergawe as ongeloofwaardig beskou en sê hy het onder eed erken hy het verskillende weergawes.

Volgens regter De Vos was advokaat Van Wyk (verdediging) goed voorbereid op die saak en het Du Preez sy instruksies goed gevolg. Adv. Van Wyk het ook akkurate stellings gemaak gedurende die verhoor.

Daar is egter baie vrae waarop Du Preez nie kon antwoord tydens sy kruisondervraging deur adv. Van der Merwe nie. Hy kon nie antwoord waarom die hond nie die Libanese gebyt het nie, waarom die Libanese nie hul eie vuurwapens gebruik het nie en hoe die Libanese geweet het waar die pistool is. Du Preez kan ook nie verduidelik hoe een van die vuurwapens en ‘n paar handskoene agter in die bakkie beland het nie.

“Hy kon die hof geen verduideliking vir sy bokpratery gee nie,” sê regter De Vos.

“Waarom sal enige aanvaller jou twee keer na jou kamer laat gaan terwyl jou vrou wakker is met die wete sy kan vermoed iets is nie pluis nie en boonop dan weer motorhuis toe gaan en daarna vind die skietery plaas?,” vra regter De Vos.

“Die weergawe is so deurtrek met leuens dat geen hof daarop sal ag slaan nie. As die Libanese dan so lus was om te skiet waarom is die beskuldigde nie ook geskiet nie?”

“Dit is die beskuldigde wat die oorledes geskiet het en hy het die bewysstukke probeer verdoem om sodoende die polisie te mislei. Daar was ook nie Libanese nie en die beskuldighde het die moorde lank beplan. Hy het geweet as hy ‘n knaldemper gebruik sal niemand wakker word as hy besig is om die moorde uit te voer nie.”

“Elke keer as hy ‘n leuen vertel het, het sy neus gegroei soos die van pinocchio. Sonder te blik of te bloos het hy sy weergawe aangepas om sy storie beter te maak.”

Du Preez is aan die einde van die dag skuldig bevind aan die moord op sy vrou, Thea, dogter carlia en seun Phillip. Hy is ook skuldig bevind vir die besit van onwettige vuurwapens en ammunisie. (Hy het egter op een van die aanklagtes skuldig gepleit). Regter De Vos het Du Preez ook verder skuldig bevind aan poging tot regsverydeling.

Hy sal op 12 en 14 Desember gevonnis word.

 

 

 

Regter Hennie de Vos Foto: Jannie du Plessis
Regter Hennie de Vos Foto: Jannie du Plessis

634A9531[1]

 

Wyle Thea du Preez
Wyle Thea du Preez
Phillip-and-Carlia-murdered-children
Wyle Philip en Carlia

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button