NewsNews

Motoriste met klippe gegooi

Vier mense wat motors met klippe gegooi het, is vanoggend in Pretoria in hegtenis geneem.

Daar is tans twee optogte aan die gang in dié stad.

Die Economic Freedom Fighters (EFF) se betoging hou verband met die #FeesMustFall-veldtog en hulle eis ook dat adv. Shaun Abrahams, hoof van die NVG en pres. Jacob Zuma bedank. Hulle wil ook hê die verslag oor die staatskaping moet bekendgemaak word.

Die Demokatiese Alliansie (DA) aan die ander kant betoog ter verdediging van Suid-Afrika se demokratiese instansies en versoek burgers om saam te staan om die Grondwet te beskerm.

Sr.supt. Isaac Mahamba, woordvoerder van die metropolisie, het gesê die inhegtenisnemings volg nadat betogers amok in Paul Krugerweg, langs die Nasionale Dieretuin, gemaak het.

‘n Gedeelte van die pad moes vir ‘n geruime tyd gesluit word na betogers die pad versper en klippe na verbygaande voertuie gegooi het. 

Sowat 1 000 beamptes van die polisie en metropolisie is ontplooi om die situasie dop te hou. 

Madibastraat, tussen Bosman- en Paul Krugerstraat, en Francis Baardstraat, tussen Bosman- en Sophie de Bruynstraat, is vir verkeer gesluit.

Motoriste word aangeraai om alternatiewe roetes te gebruik.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add vaalweekblad as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button