CommunityNewsNews

Vrou (21) uit sekshuis geskop

VANDERBIJLPARK. - Nadat ‘n jong vrou onlangs vermis geraak het, het haar bekommerde pa ‘n privaatspeurder gehuur om haar op te spoor.

Die 21-jarige Monique (skuilnaam) is by ‘n woning wat deur Nigeriërs besit word, opgespoor. Sy was daar uit vrye wil en het seksueel met van hulle verkeer.

Monique moes ook ‘n tyd gelede op aanklag van die handel in dwelms in die hof verskyn het, maar het nie by die hof opgedaag nie. Volgens inligting het sy gehandel met “liquid G”, ‘n gevaarlike “date rape” dwelm.
Die pa van die dogter, die privaatspeurder, lede van die Valke, Vaalweekblad se verslaggewer en Anneri du Plessis van Crossroads het Donderdag besoek afgelê by die huis in die noordelike deel van Vanderbijlpark.
Daar was drie vroue, Santa* (27), Nina* (30) en Christa* (41) by die huis. Hulle het eers ontken dat hulle vir Monique ken. Hulle het later beken dat Monique wel daar woon, maar dat sy Maandag (24 Oktober) hospitaal toe is om ‘n onbeplande swangerskap te stop. Dit was glo haar sewende swangerskap.
Die Nigeriërs het oomblikke na die polisie by die huis opgedaag en moes bontstaan met die vrae waarmee die polisie hulle gepeper het. Geen bewyse van enige dwelms is gevind nie.
Nina is ook swanger. Sy rook en gebruik steeds dwelms. Santa het ook erken sy gebruik daagliks tik wat haar sowat R100 per dag uit die sak jaag. Christa het bedwelm voorgekom, maar dit afgemaak as moegheid nadat sy en haar “kliënt” die oggend tot 04:00 by die Emerald Resort & Casino gekuier het.
Monique was nie by die huis nie. Sy is egter die volgende oggend deur twee lede van die polisie se blitspatrollie en Anneri by die huis gaan haal nadat haar pa ‘n boodskap van een van die Nigeriërs gekry het, waarin hulle sê hy moet haar kom haal, want hulle soek haar nie meer daar nie.
Monique is na die hof geneem waar sy in hegtenis geneem is. Sy is tans in Johannesburg Sentraal-gevangenis (Sun City) in Diepkloof.
‘n Kort video op www.vaalweekblad.com se webtuiste neem kykers na ‘n vinnige kykie na die binnekant van die Nigeriërs se huis, asook gesprekke met van die vroue.
*Skuilname is gebruik om die identiteit van die vroue te beskerm.
Die drie vroue, onderskeidelik 30, 41 en 27 is in die Nigeriese bordeel in die noorde van Vanderbijlpark aangetref.
Die drie vroue, onderskeidelik 30, 41 en 27 is in die Nigeriese bordeel in die noorde van Vanderbijlpark aangetref. Foto: Jannie du Plessis
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button