
In die stadium van die ‘geveg’ loop Donald Trump voor met 216 stemme, terwyl Hilary Clinton kort op sy hakke is met 197 stemme.
Trump het reeds in Florida koning gekraai en dit blyk asof hy ook meerderheid stemme in Ohio gaan kry.
Florida en Ohio is deurslaggewende deelstate in die verkiesing.
Die wenner van die VSA se verkiesing word deur ‘n kieskollege aangewys. Elske staat kry ‘n aantal afgevaardiges volgens die bevolkingsgetal van die staat met ‘n minimum van drie stemme vir state soos Alaska en Noord-Dakota, wat klein bevolkings het.
‘n Kandidaat moet 270 stemme uit die kieskollege kry om te kan wen.



