CommunityNewsNews

Gewapende sekuriteit offisier geskiet – Opdatering 2

VANDERBIJLPARK. – Nuwe informasie het aan die lig gekom nadat ‘n gewapende sekuriteits offisier van DAI sekuriteit gisteraand, 8 November, ongeveer 22:50 in sy motor geskiet op die hoek van Louis Trichard-boulevard en Hendrick van Eck-boulevard.

VANDERBIJLPARK. – Nuwe informasie het aan die lig gekom nadat ‘n gewapende sekuriteits offisier van DAI sekuriteit gisteraand, 8 November, ongeveer 22:50 in sy motor geskiet op die hoek van Louis Trichard-boulevard en Hendrick van Eck-boulevard.

Patrick Raliphada (34), is deur ER24 op die toneel behandel waar hy kop onderstebo, binne sy voertuig gelê het. Patrick is gestabiliseer en na die hospitaal geneem. Hy het later vanoggend aan sy wonde beswyk. Mense in die omgewing het na die twee skote die twee misdadigers sien weghardloop.

Volgens Afriforum se Cor Schorborn het twee mans Patrick genader en hom binne die voertuig geskiet. Twee skote is afgevuur. Een projektiel het die man in die bors getref en een in die buik. Die moordenaars is met die Patrick se gas vuurwapen daar weg. Volgens inligting het hulle nie sy haelgeweer, wat in die voertuig was, gevat nie. Verskeie mense van Afriforum se veiligheidsspan asook DAI sekuriteit, Rescom, ADT, en ASEC sekuriteit het tot 01:30 die SE3 en SE4 woonbuurtes gefynkam vir die twee verdagtes. Volgens die eienaar van DAI Sekuriteit, Dirk Kruger, was Patrick ‘n baie lojale werker en was altyd stiptelik.

LEES MEER IN VAALWEEKBLAD 16 NOVEMBER OOR DIE VOORVAL.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button