Brandende trok lei to 10 beeste se slagting
VANDERBIJLPARK. - ‘n Vragmotor se een sleepwa waarin daar beeste vervoer is, het verlede week aan die brand geraak nadat die remme of bande onklaar geraak het. Dit het vir groot konsternasie gesorg toe inwoners van ‘n naburige nedersettings die beeste binne ‘n uur laat ‘verdwyn’ het.

Die voorval het verlede Vrydag 4 November op die N1 snelweg, sowat 20km noord van Vanderbijlpark naby die Grasmere tol- plaza gebeur. Die agterste sleepwa het omstreeks 04:00 in die rigting van Johannesburg aan die brand geslaan. Die trok met die beeste was op pad na Johannesburg. Met ‘n perd en twee sleepwaens het die agterste sleepwa bokant die wiele gebrand. Al agt die bande op die agterste twee aste het verbrand. Vyf van die beeste in die agterste deel van die tweede sleepwa op die onderste en boonste vlak het doodgebrand. Emfuleni Brand en Redding het die brand geblus. Lede van die DBV is dadelik na die toneel ontbied en nog twee beeste is uitgesit. Vier ander beeste wat uit die sleepwaens ontsnap het is, deur voertuie op die snelweg doodgery.




