Dawn Oosthuizen is een mamma wat hiervan kan getuig. Haar pragtige blondekop dogtertjie, Kaylee, ly aan diepgaande sensoriese neurale gehoorverlies. In gewone Afrikaans kan mens sê klein Kaylee is doof, maar te danke aan die mediese vooruitgang, is daar hoop vir haar.
‘n Groot droom het reeds vir Dawn en Kaylee waar geword toe sy haar eerste kogleêre inplanting vroeër vanjaar kon kry. Ongelukkig is dit ‘n baie duur operasie en het dit maande se beplanning en fondsinsameling gekos sodat Kaylee dié langverwagte prosedure kon ondergaan.

Nou lê die volgende een voor, maar sonder fondse kan dit nie gebeur nie. Hulle staan nou op R12 310 en benodig nog R311 192 sodat Kaylee net soos haar maatjies ‘n gewone lewe kan hê.
Enige persoon wat graag ‘n bydrae wil lewer kan die volgende rekeningbesonderhede gebruik:
Hear Always Foundation Trust
Standard Bank
Rek nommer: 411351605
Takkode: 012645
Verwysing: Kaylee
Besoek gerus ook Kaylee se Facebook-blad by Help Us Help Kaylee




