Local newsNews

Vaalweekblad-uitgawe van 16 November

Hoofnuus dié week in Vaalweekblad

Vaalweekblad se uitgawe van 16 November is nou op straat en is weer propvol nuus.

Die week se skokkendste nuus is die moord op die geliefde polisievrou Michelle Stephenson, stigter van Jessica’s Wall of Life, waarmee sy tientalle ongewenste babas se lewens gered het. Dit is ironies dat Michelle vermoor is op internasionale Adoption Day :-(

Nog hartseer nuus is die dood van die talentvolle Brandon Fourie, wat vermoedelik aan ‘n dwelmoordosis in die veld by die ou Yskorklub gesterf het. Hoewel hy reeds in Julie gesterf het, het sy ouers maar pas eers verneem dat hul vermiste kind in werklikheid al maande lank dood is. Die ouers en verskeie ander besorgdes het die afgelope naweek ‘n bewusmakingsdag oor die gevare van dwelms in die gebied gehou, en ook om behoorlik afskeid van Brandon te neem.

Op ‘n vroliker noot: Lees meer oor ‘n Sasolburgse dame wat pas haar 105de verjaardag gevier het!

Vaalweekblad vertel ook meer oor die groot storms en wind wat verskeie bome in die gebied ontwortel het.

Alle ouers wie se kinders deurgedring het tot die finale afdeling van Vaalweekblad se groot Baba- en Kleuterwedstryd moet dié uitgawe nie mis nie want die wenners word vandeesweek aangekondig!

Dan is daar ook nog lekker lewendige sportnuus, interessante sms-menings van ons lesers en rubrieke vir werk- en maatsoekers. Kry jou Vaalweekblad sommer vroeg vanoggend by een van ons straatverkopers of by jou naaste kafee teen slegs R5-10.

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button