CommunityNewsNews

Dooie slange en spinnekoppe oral in huis

Inspekteurs van die Dierebeskermingsvereniging (DBV) was erg geskok toe hulle verlede Vrydag talle verwaarloosde en dooie slange, spinnekoppe, krimpvarkies en varswaterskilpaaie by 'n huis in Benoni gevind het.

Luidens ‘n verklaring het hulle reeds verlede Donderdag die huis in Fairleads besoek nadat hulle klagtes van die publiek ontvang het. Die eienaar was egter nie tuis nie, en hulle het ‘n waarskuwingsbrief daar gelos.

Teen Vrydag, nadat die eienaar nie reageer het nie, is hulle terug na die huis na hulle ‘n lasbrief verkry het.

“Die tenks waarin die reptiele en spinnekoppe gehou is, is erger as verrot en die gemors binne die huis was skokkend. ‘n Hok met drie dooie dwergkrimpvarkies is in die een vertrek gevind. Dié krimpvarkies het moontlik ‘n stadige en onmenslike dood gestref deur uithongering en dehidrasie. Daar was ook oorskot van vermoedelik ‘n varswaterskilpad en dooie slange het op die toonbanke en vloere gelê. glastenks met dooie spinnekoppe is ook gekry,” lui die verklaring.

Sowat 30 dooie diere is in die huis aangetref. Die diere (onder meer Burmese luislange, balluislange, ‘n varswaterkreef, ratelslange en verskeie tarantulas) wat gelewe het, het die DBV op beslag gelê.

Die verklaring sê verder wilde diere is nie troeteldiere nie en om hulle aan te hou vonnis jy hulle tot ‘n leeftyd van verveeldheid en stres.

Die eienaar van die huis sal vir dieremishandeling vervolg word.

DBV (1)

DBV (2)

DBV (3)

DBV (4)

DBV (5)

DBV (6)

DBV (7)

DBV (8)

DBV (11)

DBV (12)

DBV (13)

DBV (14)

DBV (15)

DBV (16)

DBV (9)

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button